VANDERBIJLPARK. – Klaskamers en opvoedkundige geriewe vir die versorging van serbraalgestremde kinders is ‘n dringende noodsaaklikheid. So sê verskeie rolspelers in die Vaaldriehoek se sosio-ekonomiese struktuur nadat die Wings for Life-skool by die Duitse Kerk in Boswellstraat onlangs besoek is, waar van die kinders vanuit die plaaslike omgewing, daagliks versorg word.
Volgens mev. Margaret Dippenaar het ArcelorMittal Vanderbijlpark en Clotan Steel reeds hulle ondersteuning met staal- en boumateriale beloof.
Die perseel is terselfdertyd ook deur lede van die Rotaryklubs van Vanderbijlpark en Riverside onderskeidelik, besoek met die doel om deur middel van ΓÇÿn samewerkingsooreenkoms, die gestremde kinders met die opgradering van die perseel en toerusting by te staan.
MooiVaal Media en plaaslike radiostasies kondig binnekort ΓÇÿn R2 miljoen-projek aan waarby die gemeenskap betrek sal word.
Die Emerald Resort & Casino se wyn- en kaasskou vanaf 20 tot 22 Mei skop af met ΓÇÿn fondsinsamelingsprojek vir die skool. Toegang na die wynskou is R50 per persoon.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad