Rokers se tande

SASOLBURG. – Rook en goeie mondhigi├½ne is eenvoudig nie maats nie omdat rook nie net lelike bruin vlekke en taai teerneerslae op tande laat nie, dit veroorsaak ook slegte asem. Navorsing het aangetoon dat rokers twee tot drie keer meer geneig is tot beenverlies en meer tande verloor as nie rokers. ΓÇÿn Rooi verhemelte is ook nie ongewoon nie ΓÇô dit is inflammasie as gevolg van die ho├½ rooktemperature. Dit veroorsaak ook tandvleissiekte.

Studies het verder aangetoon dat tandinplantate minder suksesvol by rokers is en dat rook die hoofoorsaak van mondkanker is. Tweedehandse rook is ook gevaarlik, veral by kinders, ondat die rook wat ingeasem word die ontwikkeling van permanente tande kan beïnvloed.
Diegene wat die gewoonte afleer, die risiko om kanker te ontwikkel verminder word. As jy vir tien jaar opgehou het met rook, is jou risiko dieselfde as die van ‘n nie roker. Dit is nie beter om tabak te pruim of te snuif nie. Baie mense begryp nie dat om tabak te pruim of te snuif, net so skadelik kan wees as ander vorms van tabak nie. Dit kan veral kanker van die wange, tandvleis en keel veroorsaak. Na net ‘n paar weke van snuif kan die gevolge gesien word in gebarste lippe en tandvleis, seertjies en wit kolle. Volgens kenners is dit hierdie seertjies wat kankeragtig kan word. Pruim en snuif kan ook slegte asem, tandverlies en smaak- en reukverlies tot gevolg hê. Hierdie produkte vlek ook jou tande en veroorsaak dat jy uitermate kwyl – dit kan lei tot slegte gewoontes soos spoeg.
Geringe tandheelkundige en mondkwale kan vinnig tot ernstige problem ontwikkel. Wit en rooi seertjies kan in die mond, op die lippe, tandvleis en/of die wange voorkom. Hierdie seertjies kan kankeragtig word en staan bekend as leukoplakia. Mondkanker is moeilik om te genees en versprei vinnig deur die liggaam.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad