Rock kry vlerke

Joe F het hom die afgelope paar jaar nie net onderskei as sanger van formaat nie, maar ook as vervaardiger van musiekvideo’s vir kunstenaars soos Raymond Ray en Shimmer. Hy is boonop ‘n liedjieskrywer wat met verskeie treffers soos onder andere Pieter Koen se Skud jou biscuit spog.

Sy nuwe CD Vliegmasjien is rock met rede. Met 12 van die 14 snitte uit sy eie pen, lewer Joe F meer as net nog ‘n album op die rak. Hy is nie net nog ‘n ou met ‘n kitaar nie. Dit is ‘n kunstenaar wie se woorde en kitaarklanke jou siel deurdrenk.
‘n Snit wat tot in jou diepste wese sny, is Standing Up, ‘n duet wat hy as ambassadeur vir die Reach for a Dream-stigting saam met Nico Janse van Rensburg opgeneem het. Nico het intussen sy stryd teen kanker verloor, maar di├⌐ snit – wat spesiaal vir Nico se ouers geskryf is – sal soos sy nalatenskap in hulle gedagtes voort-eggo. Viegmasjien is ‘n gehaltereis sonder turbulensie en tierlantyntjies.
* Om ‘n kans te staan om hierdie CD te wen, faks “Joe F” en jou kontakbesonderhere voor Vrydag na 086 509 5709 of SMS na 41913. SMS’e kos R1-50.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad