MEYERTON. – Die reuse-Kersboom in Midvaal wat tydens die Midvaal Makietie in die sakesentrum sal skitter, sal vanjaar op 25 November aangeskakel word.
Toe die Globetree-projek verlede jaar deur die Kolobetsa Sistas, van stapel gestuur is, het hulle nooit kon droom wat ‘n groot suksesstorie dit sou word nie.
Sedert die projek begin is, is 1 600 minderbevoorregtes deur die projek bevoordeel en is R850 000 bestee aan die waarmaak van individue en welsynsorganisasies se wense.
“Dit sou natuurlik nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ons borge nie. Ons wil namens die Sistas baie dankie s├¬ aan een en elkeen se bydrae,” s├¬ Wendy Thomas, ‘n Kolobetsa Sista.
Hoewel baie wense reeds ‘n werklikheid geword het, was daar vele vertragings langs die pad. Die logistieke wat betref die insit van swembaddens, plaveisel, sitkamers, kombuise, badkamers en slaapkamers asook mini-bakkerye is nodeloos om te s├¬ geweldig tydrowend om uit te sorteer. Die 2009 projek is weens onvoorsiene oponthoude nou eers in die finale stadium. Ons het nieteenstaande alles wat ons wou doen afgehandel, al het dit ses maande langer geneem as wat ons beplan het,” s├¬ Thomas.
Mense kan die Globetree-webblad op www.globetree.co.za besoek vir ‘n lys van wense wat waar gemaak is.
The Kolobetsa Sistas se bankrekeningdetails is:
Kolobetsa Sisterhood
ABSA
Branch code: 632 005
Account Number: 922 045 7751
Reference: Globetree – Your Company/Name
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad