VANDERBIJLPARK – n Pretdraf ter ondersteuning van Kanguru South Africa, n plaaslike organisasie waarmee geestelike-gestremde kinders bevoordeel word, is onlangs in Vanderbijlpark aangebied.
Verskeie sakeleiers en inwoners het die geleentheid ondersteun en behalwe vir inskrywingsgeld, ook welwillende donasies geskenk.
Die organisasies se doelwit is om n huis te bou waar verdienstelike gevalle daagliks onderrig sal ontvang en waar hulle ouers ook kan aanklop vir raad en ondersteuning met die versorging van gestremde kinders.
Die huis sal in Randvaal gebou word met geriewe vir 50 kinders.
Skakel Adele Modoo, projekleier, vir meer besonderhede by 072 593 7416.
(Nuusberig met dank aan Mooivaal Media – Ster)