“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die w├¬reld uitgegaanΓÇ¥ (1 Joh. 4:1, 1953). Johannes waarsku nie teen iets soos voorvadergeeste nie, maar teen mense se idees. Ons moenie mense se idees, ideologie├½ en leerstellings vir soetkoek opeet nie, maar dit deeglik ondersoek en beoordeel, want baie daarvan is teen God se wil (vgl. 1 Tes. 5:20-21). Dit is egter vir ons baie moeilik om idees krities te ondersoek as dit verpak is in begrippe of slagspreuke (slogans) wat goed klink.
ΓÇÿn Kapsule is gevul met baie klein korreltjies, wat die eintlike medikasie bevat. Dieselfde geld ook vir sekere begrippe: Die begrip is ΓÇÿn ΓÇ£dopΓÇ¥ waarin ΓÇÿn groot hoeveelheid betekenisse opgesluit kan wees. Dikwels sluk ons die begrip-kapsule sonder om eers bewus te wees van die verborge betekenisse wat daarin vervat is. Baie politici, vakbondleiers, predikers en openbare sprekers maak doelbewus misbruik van mense se neiging om te sluk sonder om te dink. Hulle verpak hulle betekenisgelade boodskappe in ΓÇÿn mooi en eenvoudige slagkreet, en vereis dan dat mense net moet sluk sonder om krities na die verskillende fasette van die begrip te kyk.
ΓÇ£ApartheidΓÇ¥ is een van die begrippe in ons geskiedenis wat deur baie blankes gesluk is, sonder om te kyk watter ΓÇ£geesteΓÇ¥ in die ΓÇ£kapsuleΓÇ¥ versteek is. Vir swart mense is hierdie begrip egter geassosieer met onreg, diskriminasie, vernedering en hartseer.
Ons moet katvoet loop vir die ΓÇ£geesteΓÇ¥ in sommige begrip-kapsules. Wie Christus wil volg, mag nie begrippe of slagspreuke onnadenkend en onkrities aanvaar nie!
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad