Oud-onderwyseres gooi haar gewig in by Winter Warm-projek

VANDERBIJLPARK – Die Vaalstreek-gemeenskapskas, IFM 102.2 en Mooivaal Media se Winter Warm-projek waartydens warm klere vir minderbevoorregte kinders ingesamel word, is reeds volstoom aan die gang.

Een van die mense wat besluit het om hand by te sit met hierdie projek is Elzanne Jonker. Die kinderliefhebber┬á was voorheen ‘n kleuterskool-onderwyseres, maar nou leef sy voltyds haar passie, kuns uit.

Elzanne het spesiaal vir hierdie projek ‘n skildery gemaak. Die skildery sal vanaf 14 – 25 Mei by die Emerald Wine Show uitgestal word, waarna dit opgeveil sal word ten bate vna die Winter Warm-projek.

“Ek wil graag iets terugploeg in die gemeenskap en ‘n verskil maak in kinders se lewens,” s├¬ Elzanne.

Nuusbron: (MooiVaalmedia – Ster)