Orrelmarathon

VEREENINGING – Die befaamde orrelis Margaret van der Vegt gaan op 8 Mei ‘n orrelmarathon van 8 uur aanpak. Dit vind plaas in die Gereformeerde Kerk Vereeniging-Oos, Thamesrylaan, Drie Riviere, agter die River Square-winkelkompleks.

Elke uur sal bestaan uit ‘n spesifieke program. Van 11:00 tot 12:00 gaan sy musiek oor die lydenstyd van Pase speel en van 14:00 tot 15:00 volg ‘n kersprogram.

Die orrelmarathon vorm deel van die Gereformeerde Kerk Vereeniging-Oos se basaar wat deur die susters van die gemeente gereel word. Fondse wat deur die basaar gegenereer word, sal aangewend word vir onder meer die opknapping van die saal en kombuis.

Margaret sal ook van 8:00 tot 16:00 orrel speel met kort tussenposes. Die kerk benodig borge per uur of ‘n donasie.

Almal word uitgenooi om die basaar by te woon. Vir meer inligting kan Esther Potgieter by 083 306 4850 geskakel word.

Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)