Oppiewalfees – Vaaldriehoek

VANDERBIJLPARK – Alle musiekliefhebbers, olie solank julle litte en oefen daardie stemme want op 8 Mei gaan daar n hele dag lank saam gesing en -dans word by die Emerald Resort & Casino se Oppiewalfees!

Verskeie van Suid Afrika se top kunstenaars soos Kurt Darren, Nicholis Louw, Nedine Blom, Elizma Theron, Bok van Blerck, Heinz Winckler, Lianie May, Andriette Norman, Pieter Koen en Bobbie van Jaarsveld is almal op die plesierige musikale spyskaart.

Kaartjies:

Kaartjies kos R80 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12 jaar.

Dit kan nou reeds gekoop word by Emerald se Aquadome. Skakel 016-982 8175 vir meer besonderhede.

(Nuus bron met dank aan Mooivaal Media – Ster)