SASOLBURG. – Stakende onderwysers het verlede week te midde van sterk polisieteenwoordigheid, vrees en ontwrigting by verskeie skole in Sasolburg, by die Fezile Dabi Onderwys-Distrikskantoor in Sasolburg ├⌐n die Metsimaholo Provinsiale Hospitaal op die dorp veroorsaak.
Hoewel geen gevalle van geweld of beskadiging van eiendom aangemeld is nie, het leerlinge van verskeie laer- en hoërskole Donderdag en Vrydag tuisgebly uit vrees vir hul veiligheid. Volgens verskeie SMS-booskappe van skole in Sasolburg moes ouers hul eie diskresie gebruik om hul kinders skool toe te stuur of nie. Volgens die boodskappe was leerlinge se veiligheid ‘n risiko weens die intimidasie deur stakers.
Die aksie het gevolg op ΓÇÿn landwye staking van onderwysvakbonde wat ontevrede is met die staat se salarisverhogingaanbod van 7% en R700 behiusingstoelae per maand. Honderde stakende onderwysers het Donderdag en Vrydag met motors na die onderskeie skole, die hospitaal en onderwysdepartement gery, parkeer en buite die skole getoi-toi. Amptenare van die onderwysdepartement moes die perseel Donderdag verlaat op aandrang van die stakende onderwysers.
* Dit was teen Vaalweekblad se saktyd nog nie bekend of die stakers en regering tot ‘n vergelyk oor hul salarisse sou kom en die staking be├½indig sou word nie.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad