ΓÇ£Verpleegsters is gevoelloos want hulle laat babas sterf terwyl hulle staakΓÇ¥. Hierdie twee stellings het een ding in gemeen, nl. dat dit veralgemenings (stereotipering) is. Sekere gedrag word by sommige lede van ΓÇÿn groep waargeneem, en dan word almal in daardie groep oor dieselfde kam geskeer. Veralgemenings kyk nie fyn nie, analiseer nie detail nie, neem nie alle gegewens in ag nie en stel nie in die nuanses van ΓÇÿn saak belang nie. Dit berus op bevooroordeeldheid (ΓÇÿn vorige art.). Veralgemenings is altyd tot een of ander mate vals en onreverdig.
Van ons gesprekke is deurspek met veralgemenings, want dit is maklik en lekker! Dit is maklik, want ons hoef nie ons saak deeglik te beredeneer nie. Dit is lekker, want met min moeite kan ons een van ons vyand-groepe ΓÇÿn klap of twee toedien. Stereotipering is ideaal vir die luies en verbitterdes.
Ons moet egter onthou dat veralgemenings onregverdig is. Stereotipering is ΓÇÿn mengsel van bietjie waarheid en baie leuen, en die leuen is op sy doeltreffendste as dit opgeklits kan word met brokkies waarheid. Sommige onderwysers is te lui om te werk, maar baie gee om vir die kinders en werk baie hard. Sommige verpleegsters is harteloos, maar ander versorg ons met toewyding en liefde. Almal is nie dieselfde nie.
Ons moet altyd krities na mense se optrede kyk, of dit nou verslaggewers of ministers is. Maar dit moet altyd ΓÇÿn regverdige beoordeling wees waar alle feite in aggeneem word. God is regverdig in sy oordele, en verwag van ons om ook regverdig te wees (vgl. Sef. 3:5; Joh. 5:30; 1 Pt. 2:23; Spr. 31:9; Jes. 5:23).
Sommige onderwysers is lui. Nie almal nie!
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad