|
  | |
VEREENIGING. –Vereeniging Medi-Clinic gaan binnekort vinniger en meer effektiewe kardiosorg in die katerisasielaboratorium aan die gemeenskap kan bied deur die installering van die nuutste tegnologie in beeld- en moniteringstelsels. Teen die einde van Augustus sal Vereeniging Medi-Clinic toegerus wees met die Allura Xper FD20/10 X-straalstelsel, ‘n produk van Philips, die internasionale leier op die gebied van innoverende lewensondersteunende toerusting. Die stelsel behels ‘n tweevlakkige, digitale drie-dimensionele beeld met ‘n unieke “swaai”-kenmerk wat medici in staat stel om gevorderde aksies uit te voer met die minimum blootstelling aan die trauma van bykomende kontrasmedium en radiasie vir die pasiënt. “Die oorlewing van ‘n pasiënt met ‘n kardio-vaskulêre siektetoestand, bv. ‘n hartaanval (miokardiale infarksie) of beroerte, hang grootliks daarvan af hoe vinnig en akkuraat die pasiënt gediagnoseer en behandel word. Die nuutste FD20/10 Biplane-katerisasielaboratorium is toegerus om sowel kardio- as perifere gevalle te hanteer. Pasiënte is dus ten alle tye verseker van beter en akkurate ingrypings. Volgens kenners sal die bykomende Biplane-geskiktheid en die unieke Xper Swing Geometrie van onskatbare waarde wees met ingewikkelde ingry­pings wat die spesialiste in staat sal stel om gevalle optimaal te behandel. Die gevolg is minder kontrasmedium en bestralingblootstelling aan die pasiënt en personeel. * Die maatskappy, Royal Philips Electronics in Nederland is toonaangewend in die ontwikkeling van nuwe tegnologie in verskeie lewensondersteunende toestelle. Die maatskappy lewer produkte aan meer as 100 lande. Besoek www.philips.com/newscenter vir meer besonderhede oor die bogenoemde toestel. Bron:  vaalweekblad.com |