‘n Jaar propvol opwindende uitdagings lê vir MooiVaal Media voor. Een daarvan is die uitbreiding van ons Ster-publikasies met die bekendstelling van ‘n splinternuwe koerant, Sedibeng Ster.
Dié gratis publikasie wat vanaf 13 Januarie by 101 000 huishoudings versprei gaan word, is geskep na die same-smelting van MooiVaal Media se koerante Vaal Weekly, Evaton Vision en Sebokeng Vision.
Sedibeng Ster sal van huis-tot-huis in Sebokeng, Steelpark, Evaton, Boipatong, Bophelong, Bedworthpark, Sharpeville en Orange Farm versprei word.
“Die 101 000 verspreiding van Sedibeng Ster gaan dit een van die grootste gratis-verspreide koerante in die land maak. Ons weet dat dié nuwe publikasie met ope arms deur lesers sowel as adverteerders verwelkom gaan word,” sê ‘n geesdriftige mnr. Thys Foord, hoofbestuurder van MooiVaal Media.
Buiten die gewone “harde koerantnuus” sal Sedibeng Ster ook nuus en advertensies oor vermaak, werksgeleenthede, sport, godsdiens, opleiding, gesondheidsake, winskopies en baie meer bevat.
Ter voorbereiding vir Sedibeng Ster is die voormalige redaksie-afdeling van Vaal Weekly en Vision reeds geïnkorporeer by die bestaande Ster- en Vaalweekbladspan om nou ‘n gesamentlike, sterker redaksie met die hoofkantoor in Vanderbijlpark, te vorm.
Mr. Lerato Serero, ‘n jare lange ervare koerantman, is Sedibeng Ster se nuusredakteur.
Skakel MooiVaal Media by (016) 950-7000 met interessante nuus in die verspreidingsarea of om meer uit te vind oor Sedibeng Ster se baie billike advertensietariewe.
Bron: vaalweekblad.com