Baasdag word sedert 1958 wêreldwyd op 16 Oktober gevier. Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom erken die waarde van goeie leiers en het in 2008 besluit om hierdie dag te gebruik om hulde te bring aan dié wat werklik ‘n verskil maak in die lewens van ander.
Die eerste funksie was heel beskeie beperk tot slegs die Noordwes- provinsie en Vaaldriehoek, maar die volgende jaar is inskrywings vanuit die Kaap tot in Pretoria ontvang. Die kompetisie word dus nou amptelik oop verklaar vir die hele Suid-Afrika en die titel word heel gepas verander van ΓÇ£Beste BaasΓÇ¥ na ΓÇ£Baas SAΓÇ¥.
Die amptelike trofee van die Baas SA is die bronsbeeld, “Compassion” deur Roland Daniel. Die persoon wat die wenbaas genomineer het, stap weg met ‘n prysgeld van R10 000.
Moenie dié glansgeleentheid op die sosiale kalender misloop nie. Kom span jou kaptein se seile saam met Kurt Darren wat optree as gaskunstenaar!
Kontak Stella by (018) 294 5347 of 082 394 4550 vir meer inligting.
MooiVaal Media, insluitend Vaalweekblad en Ster, is vanjaar weer mediaborge van diΓÇÜ wedstryd. Laat stroom die inskrywings in – dis alles vir ‘n goeie doel! Skakel Sharon of Retha by (016) 950-7000 sodat die inskrwyingsvorm aan u ge-e-pos kan word.
Nuusbron: Vaalweekblad