Nataniël kom kuier

VEREENIGING. – Die bekende kunstenaar, Nataniël, tree op 9 Oktober by die Suikerbos NG Kerk in Dabchickstraat Drie Riviere op. Hierdie geleentheid is ten bate van Kindersorg Vereeniging en begin om 18:00 vir 19:00.
Kaas en wyn word om 18:00 bedien en kaartjies kos R180 per persoon.
Vir meer inligting kontak Anri by (016) 423-6552/3 of 084 509 9403.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad