Musikarte in Sasolburg

VANDERBIJLPARK. – Die bekende Christelike musiekgroep Musiekart├⌐, tree op Vrydag 6 Augustus in die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg op. Dit begin om 19:30 en kaartjies kos R80. Fondse wat met hierdie vertoning ingesamel word, is ten bate van Caritas.

-Caritas is ‘n Christelike organisasie wat ontstaan het deur ‘n groep mense wat die nood in die gemeenskap raakgesien het, maar ook die potensiaal met betrekking tot hulpbronne en fasiliteite. Hoewel hulle die hele Vaaldriehoek bedien, kom hul fondse tans uit ‘n baie klein deel van die gemeenskap in Vanderbijlpark.
Caritas fokus veral op die behoeftige bejaardes, werkloses en haweloses. Deur verskillende programme en bedieninge wil hulle hierdie mense help om weer betekenisvolle lewens te lei.
Enige persoon wat ‘n passie het om mense in nood te help, kan betrokke raak. Beplande strategiese vennootskappe sluit onder meer geloofsgemeenskappe, skole, welsynsorganisasies, die sakegemeenskap, vakbonde, die Departement Maatskaplike Ontwikkeling en die Departement van Arbeid in.
Individue en organisasies wat as borge wil optree, of vir nadere inligting kan Botha by (016) 982-3043 (n/u) of 072 600 6422 gekontak word.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad