VEREENIGING – Mnr. en Mej. Rainbow Nation 2010 skoonheidskompetisie word beplan. Indien jy as ‘n finalis gekies word, sal jy saam met al die ander finaliste een dag by vakansie-oord getrakteer word. Almal sal mekaar beter leer ken die dag en Mej. Persoonlikheid, Mej. “Smile” asook Mej. “Fun” sal die dag gekies word.
Stuur ‘n foto van jouself met jou korrekte naam, van, skool se naam, adres, e-pos adres en ten minste drie kontaknommers na Mnr. en Mej. Rainbow Nation, Posbus 684, Vereeniging, 1930. Sluit ‘n duidelike, volkleurfoto van jou keuse in. Foto’s word op die gala-aand in die portaal uitgestal vir almal om te sien.
Jy sal telefonies in kennis gestel word of jy een van die finaliste is. Die finaliste sal dan een aand by ‘n glansgeleentheid teen mekaar deelneem met aanddrag wat beloof om ‘n wonderlike aand te wees en wat in die Vereeniging-stadskouburg gehou word.
Die kompetisie sal nie inmeng met skooleksamens nie. Sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Mei en die Gala-aand vind plaas op 5 Junie.
Vir meer inligting kontak Juanita Oosthuizen by 082 448 6396.
Nuusbron: (Mooivaal Media – Ster)