Onlangse navorsing dui daarop dat meisies in Westerse lande deesdae op ‘n al jonger ouderdom begin menstrueer.
Volgens die studie wat pas in Denemarke afgehandel is en waarby 1 000 dogters betrek is, blyk dit dat baie van hulle reeds op negejarige ouderdom puberteit bereik het. So onlangs as 40 jaar gelede nog het meisies in Westerse lande gemiddeld eers op die ouerdom van 12.5 jaar begin menstrueer.
Die ouderdom waarop kinders in ontwikkelde lande puberteit bereik, het die afgelope 200 jaar stelselmatig begin daal. In die negentiende eeu was dit gemiddeld op 15-jarige ouderdom vir dogters en 17 jaar vir seuns. In die 1960s het die gemiddelde ouderdom reeds afgekom tot 12.5 jaar by dogters en 14 by seuns.
Afrigters van verskeie bekende seunskore rapporteer ook dat hulle die seuns vroeΓÇ░r as voorheen moet groet omdat hul stemme deesdae op ‘n al jonger ouderdom (tussen 12 en 14 jaar) begin breek en nie meer geskik is vir ‘n seunskoor nie.
Navorsers is nog nie seker waarom kinders op ‘n al jonger ouderdom seksueel volwasse word nie, maar hulle meen dat dieet, onaktiwiteit, vetsug en blootstelling aan sekere chemikalieΓÇ░ in kos ‘n rol kan speel.
Volgens dr. Imogen Rogers, wat by die navorsing betrokke was, lyk dit asof meisies wat as kleuters baie vleis en proteΓÇ╣ene ingeneem het, op ‘n jonger ouderdom seksueel volwasse word as meisies wat nie soveel van diΓÇÜ voedingstowwe as kleuters geΓÇ░et het nie. (Data met betrekking tot seuns is nog nie beskikbaar nie).
Die navorsers s╦å ook dit is nie onmoontlik nie dat ‘n chemikalie (Bisphenol A) wat algemeen in plastiekbottels voorkom, ‘n invloed op kinders se vervroegde seksuele ontwikkeling kan h╦å omdat dit die effek van die vroulike hormoon, estrogeen, na-aap.
Hoewel vroeΓÇ░ rypheid op sigself nie ‘n probleem is nie, kan dit jong meisietjies benadeel deurdat hulle vroeΓÇ░r by seksuele aktiwiteite betrokke kan raak wat hulle aan oordraagbare siektes kan blootstel. Navorsing toon ook dat vroue wat baie jonk begin menstrueer het, ‘n groter risiko loop om sekere soorte kanker soos servikale kanker, borskanker, kanker van die eierstokke en hartsiektes te ontwikkel.
* Die volledige uiteensetting verskyn in die joernaal Public Health Nutrition.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad