VANDERBIJLPARK. – Mahindra (Vaal) se nuwe perseel in Vanderbijlpark se sakesentrum is onlangs amptelik ingewy te midde van groot belangstelling van plaaslike sakelui.
Volgens mnr. Andr├⌐ Botha (handelaarshoof: Mahindra Vaal), was gerieflike toegang ΓÇÿn groot oorweging by die keuse van ΓÇÿn nuwe perseel. Buiten dat die nuwe perseel in ***straat baie toeganklik is, bewys di├⌐ skuif uit die ligte nywerheidsgebied terselfdertyd ook Mahindra se lojaliteit teenoor Vanderbijlpark se sakesentrum en ‘n verbintenis om die sentrale sakegebied weer te help opbou.
“As daar gekyk word na ander stedelike gebiede waar die middedorp agteruit gegaan het en miskien nie meer ΓÇ£inΓÇ¥ was nie, is daar weer nuwe lewe ingeblaas deur investering en vernuwing. Ons sien reeds die uitkring-effek van ons eie vernuwing in die onmiddellike omgewing, deurdat Checkers Hyper ook hul buite-aansig vernuwe het. Ons glo dat dit net die begin is,” s├¬ Botha.
“Mahindra S.A. is sedert die vestiging van di├⌐ fabrikaat in 2005, verbind tot die uitbouing van ons ΓÇ£brandΓÇ¥. Die daarstelling van ΓÇÿn bekostigbare betroubare voertuig in Suid-Afrika met al die ondersteuning wat van ΓÇÿn veel duurder fabrikaat verwag word, is die oogmerk wat te alle tye gehandhaaf word. Ons stel ons kliΓÇ░nte se belange eerste en dit is vir ons prioriteit dat elke kliΓÇ░nt moet voel dat hy of sy belangrik genoeg is om elke keer die beste diens te ontvang. Elke personeellid van Mahindra Vaal het onderneem om die spreekwoordelike ΓÇ£ekstra mylΓÇ¥ te loop,” s├¬ Botha.
Mahindra-voertuie het hulself reeds bewys as rateltaai werksvoertuie en voornemende kopers kan gerus by die nuwe perseel gaan inloer om die personeel te leer ken en meer oor die voertuie se werkverrigting uit te vind.
Mahindra Vaal bied buiten die afdelings vir nuwe en gebruikte motors, ook ‘n werkswinkelgerief vir alle dienste en onderdele-verkope aan.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad