VANDERBIJLPARK. – Die Lewenslig Skool vir serebraalgestremdes is besig om op groot skaal uit te brei. Hulle koshuis het op 1 September sy deure geopen en is gele├½ op die erf langs die oorspronklike Lewenslig. Daar is tans drie inwoners en 31 dagskoliere en in die stadium begin hulle ook al mense in Sasolburg oplaai.
“Ek wil graag die publiek bedank vir hulle ongelooflike ondersteuning,” s├¬ Hikkie Blignaut, eienaar.
“‘n Groot aantal meubels en kombuistoerusting is alles donasies.”
Die publiek word ook genooi om by Lewenslig te gaan inloer in Carterstraat 20 vir Kersgeskenke wat deur die Lewensliggies gemaak is. Verder word ‘n damestee in Oktober beplan om fondse in te samel.
* Enigiemand wat belangstel in koshuisinwoning of wat bereid is om as vrywilliger by Lewenslig uit te help, is welkom om vir Hikkie te kontak by 083 594 3822.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad