VEREENIGING. ΓÇô Verskeie inwoners van die Vaaldriehoek het Vaalweekblad/Ster die afgelope week geskakel en kommer uitgespreek oor die toenemende veldbrande. Op die vooraand van die W├¬reld Sokkerbeker gaan die roet en swart afgebrande gebiede beslis nie ‘n goeie indruk op besoekers maak nie, meen die beswaardes.
“Ons verwag duisende oorsese besoekers vir die W├¬reld Sokkerbeker en dit is die ideale geleentheid om met die Vaaldriehoek te spog, almal moet nou saamstaan en hul deel bydra om die omgewing skoon en goed versorg te laat vertoonΓÇ£ s├¬ ΓÇÜn inwoner.
Volgens ΓÇÜn woordvoerder van die nooddienste is sigaretstompies tans die hoofoorsaak van veldbrande langs die Vaaldriehoek se deurpaaie.
„Mense gooi hul sigaretstompies by die venster uit sonder om ag te slaan op die tyd van die jaar wanneer die gras droog is en maklik vlam vat. Nog ‚n rede is mense wat koud kry en ‚n vuur in die veld aansteek,“ sê die woordvoerder.
Verskeie motoriste het ook hul kommer uitgespreek en sommige vrees selfs dat die brande en rookwolke menselewens kan eis.
Volgens me. Jeneen Cilliërs, wat onlangs in ‘n kettingbotsing op die R59-snelweg betrokke was as gevolg van die digte rook van ‘n veldbrand, kon die ongeluk vermy gewees het as voorsorg tydig getref is.
ΓÇ£Die ongeluk het baie vinnig gebeur toe die bestuurder van die voorste motor vanuit ΓÇÿn groep van vyf skielik voor die ander voertuie gerem het omdat hy nie deur die rook kon sien nie. In die daaropvolgende oomblikke het die motors teen mekaar gebots,ΓÇ£ kla sy.
Volgens die woordvoerder van die nooddienste is min van die padongelukke tans toe te skryf aan veldbrande en word die gras tans kort gesny om die gevaar te bekamp.
Hoewe-eienaars moet ook begin walle ploeg en voorbrande maak om wegholbrande te keer. Wetgewing bepaal dat strawwe boetes opgelê kan word vir ‚n huiseienaar wat versuim om sy grond te beveilig en kan vir iemand anders se skade verantwoordelik gehou word.
* Lesers kan sommer nou reeds die noodnommers 10177 en 112 op u selfone invoer om gevaarlike veldbrande aan te meld.
Nuusabron: Mooivaal Media – Vaalweekblad