Kom proe wyn van 'n meester

VANDERBIJLPARK. – Die Waterfront Country Lodge nooi wynliefhebbers om Painted Wolf Wines, ‘n wynreeks wat deur Jeremy Borg, ‘n bekende wynmeester in die land ontwikkel is, te kom proe. Die wynreeks is wêreldwyd bekend en verskeie projekte word tans geloods om fondse deur middel van die wyne se verkope in te samel om die voortbestaan van die Afrika- wildehond te verseker.

Volgens Emma Borg, het haar en Jeremy se liefde vir die ongerepte natuur en fotografie as motivering gedien om die wilde honde as tema vir die Painted Wolf Wines te gebruik.
“Dit was veral die diere se deursettingsvermoë, spanwerk en dinamiese interaksie wat die kern van Painted Wolf Wines is, ons het die model gebruik en met sorg individue gekeur wat waarde tot die ontwikkeling van Painted Wolf Wines kan bydra,” sê sy.
Die projek word internasionaal ondersteun deur dr. Tico McNutt, ‘n wêreldbekende bioloog gebaseer by die Predator Conservation Trust in Botswana en die internaionale TUSK UK-organisasie in Amerika waar die wynreeks ook gebruik word om fondse vir die projek in te samel.
Nog ‘n opwindende aspek van die projek is dat bekende kunstenaars voortaan genooi sal word om die Afrika-wilde honde  in hul natuurlike habitat te skilder; van die werke sal op die Pictus-reeks ten toon gestel word.
Die Painted Wolf Wines-webtuiste sal binnekort ΓÇÿn fotogallery aanbied waar van die kunstenaars se inskrywings ten toon gestel word.
“Ons doel is om deur middel van die wyn se verkope bewustheid te kweek en om ook ‘n gids saam te stel waar die wilde honde in die land voorkom sodat alle inwoners baat by die projek vind,” sê Emma.
Painted Wolf Wines word tans aangebied in Suid-Afrika, Verenigde State, Kananda, Botswana, Brazil en ΓÇÿn Europese internetverkoopgerief..
ΓÇ£Kyk uit vir die wyne Madach, Lekanyane , the Pack en Penny (ΓÇÿn puik Swartland Viognier) wat tydens die wynroete by die Waterfront Country Lodge elke Saterdag en Sondag van 12:00 tot 18:00 van 11 Junie tot 25 Julie aangebied word.
Skakel Emma Borg by 083 864 6169 of kontak haar per epos om meer oor die projek te leer by emma@paintedwolfwines.com

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad