Klam weer kan lei tot hoofpyn by kinders

Navorsers onder leiding van dr. Mark Connelly van die Children’s Mercy Hospitals in Amerika het pas hul bevinding bekend gemaak dat re├½nweer en vogtige toestande hoofpyn by kinders en tieners kan veroorsaak. Die rede hiervoor is nog nie bekend nie maar daar word vermoed dat ugdruk moontlik ‘n rol speel. Omdat die studie net tot kinders beperk was, kan hulle ook nog nie s├¬ of sulke weer dieselfde uitwerking op volwassenes het nie.

Die navorsersresultate dui aan dat kinders en tieners wat geneig is tot chroniese hoofpyn en migrain-aanvalle, se kanse drie keer groter is om hoofpyn te kry tydens reënweer as tydens droë omgewingstoestande.
Die volledige bespreking verskyn in die joernaal Headache (21 Desember, 2009).

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad