Kinderharte verbly

VANDERBIJLPARK.- Amoret Pienaar en Isabel Erwee van die Engeltjie­tyd- kleuterskool in SE 1 het in Desember ongeveer 300 kinders se harte verbly met pragtigte Kersgeskenke, lekker eetgoed en tonne liefde.

Elke pleegkind, asook ander kinders onder Geestegesondheid (Vaal­driehoek) se sorg het `n geskenk ontvang.
Geestesgesondheid (Vaaldriehoek) bedank graag hierdie twee besondere dames en die ouers van Engeltjietyd-kleuterskool wat die funksie moontlik gemaak het.
Die funksie se reëlings het sowat drie maande se beplanning en koördinering geverg.
“Die partytjie is aangevul deur lekkergoedpakkie-geskenke deur Globe Tree en in besonder wil ons vir Mariana Botha bedank asook vir Global Tree wat vir ons `n donasie van R20 000 geskenk het, waarmee ons skooltassies en skryfbehoeftes vir ons kinders gekoop het,” sê ‘n woordvoerder van Geestesgesondheid.
Geestegesondheid (Vaaldriehoek) wil namens elke kind wat iets ontvang het, baie dankie sê, asook aan die personeel van die organisasie.
“Dit was ’n wonderlike voorreg om die blydskap en verwondering op hierdie kinders se gesigte te sien. Dankie dat julle dit vir ons moontlik gemaak het,” sê Geestesgesondheid se woordvoerder.
Bron:  vaalweekblad.com