| |
VANDERBIJLPARK. – Die somer is hier en ons wil almal graag op ons beste lyk. ΓÇÿn Vinnige dieet of die gebruik van┬á pille, melkskommels en ander verslankingspodukte wat op die mark is, is nie net duur en ΓÇÿn korttermyn oplossing nie, maar ook baie nadelig vir jou gesondheid. Van hierdie produkte kan hartkloppings en duiseligheid veroorsaak en jou gesondheid ΓÇÿn knou toedien. As jy aan diabetes en sekere ander siektes ly, is dit nodig om eers die raad van jou apteker te kry voordat jy die spesifieke produk gebruik. Om maer te word, is dit eerstens nodig dat jy ΓÇÿn kopskuif na ΓÇÿn gesonder leefstyl moet maak en stap vir stap moet leer om reg te eet. Jy moet ΓÇÿn ooreenkoms met jouself aangaan. Begin om dit as ΓÇÿn lewenswyse te beskou om gesond te eet. Ons dink dikwels om gesond te eet, beteken jy kan nie ook lekker eet nie. Dit is egter nie so nie. As jy jou hele gesin leer om gesond te eet, gaan dit so deel van jul daaglikse bestaan wees dat julle nie gaan lus wees vir gemorskos nie. Begin ook om kleiner porsies te eet. Probeer om nie ΓÇÿn tweede porsie te skep nie en kondisioneer jouself om nie altyd alles te eet wat op jou bord is nie. As jy matig eet, hoef jy nie te dieet of iets uit jou dieet te sny nie. Eet minder koolhidrate soos brood en pasta, en probeer om baie groente en vrugte in te kry. Te min eet is ook taboe. As jy te min eet, beleef jou gestel dit as uithonge┬¡ring en hou dan vet terug as reserwes vir die noodtoestand. Drink ook baie water. Dit is belangrik om iets te kry waarmee jy kan volhou en wat by jou lewenstyl pas. As jy iemand is wat lief is om baie uit te eet, bestel dan byvoorbeeld net ΓÇÿn biefstuk en slaai wanneer jy in ΓÇÿn restaurant gaan eet. Dit is ook goed om by ΓÇÿn gimnasium aan te sluit of bloot net te gaan stap. ΓÇÿn Uur se oefe┬¡ning per dag wat jy met ΓÇÿn gesonde lewenstyl kombineer, kan wondere verrig en jou help om weer jou slanke lyfie terug te kry. Bron:┬á Vaalweekblad.com |