Kanguru Tehuis vir Gestremdes open sy deure

MEYERTON. – Die Känguru tehuis vir gestremde kinders het 1 September in Kliprivier geopen.
Op 10 Desember hou hulle ‘n Rocking for Charity-geleentheid by Gecko’s Pub in Meyerton. Dit is op die hoek van Donald- en Jim Fouché-rylaan langs Plaaskombuis. Die geleentheid word gehou om fondse in te samel vir doeke, opvoedkundige speelgoed en terapie-apparaat.
Bekende orkeste soos Wake to Wonder, Mad about You, Scarlet Street en nog vele ander sal die dag sorg vir groot opwinding.

Hekke open om 12:00 en daar sal baie stalletjies met allerhande lekker goed wees om te geniet asook ‘n groot biertent.
Kom deel gerus in al die pret.

Kontak
Vir meer inligting kan Adele by 072 593 7416 geskakel word.
Bron:  vaalweekblad.com