Noleen Etsebeth
VANDERBIJLPARK.- ‘n Jong ouderdom hoef nie in die pad te staan van groot sukses nie. ‘n Bewys hiervan is dr. Melandie Engebrecht (24), ‘n tandarts wat vanjaar by ‘n praktyk in die Emfuleni Medi-Clinic aangesluit het.
Melandie is danksy haar navorsing oor valstande deur haar universiteit gekies om in September verlede jaar aan die Afrika Midde-Ooste konferensie in Kenia te gaan deelneem. Daar het sy weggestap as afdelingswenner, met die gevolg dat sy ook genooi is om in Julie as Suid-Afrikaanse verteenwoordiger aan die International Association for Dental Research se kongres in Barcelona te gaan deelneem. Volgens Melandie is sy altyd reg om iets nuuts te probeer, en was hierdie ervaringe ‘n belewenis. “In Kenia het ek selfs Mount Kilimanjaro aangedurf!” vertel sy.
Melandie, ‘n oudleering van die Ho├½rskool Transvalia, is passievol oor haar werk en s├¬ dat sy reeds sedert haar laerskooldae geweet het dat dit is wat sy wil doen.
“Dit is veral die verskillende tipe mense waarmee jy te doen kry wat dit interessant maak,” s├¬ sy.
Melandie se raad aan jong Vaaldriehoekers is om te onthou dat daar so baie moontlikhede is en dat jy elke geleentheid wat in jou rigting kom, moet aangryp.
“Niks is onmoontlik vir God nie.”
Sy is tans besig met haar meestersgraad in tandheelkunde.
Nuusbron: Vaalweekblad