Enige vrou wie se hart al deur ‘n geliefde gebreek is, kan daarvan getuig dat dit maklik is om in sulke omstandighede troos by kos, veral sjokolade, te soek. Wetenskaplikes het nou vasgestel wat die rede vir di├⌐ gedrag is.
Navorsing wat pas vrygestel is, wys daarop dat daar ‘n koppeling in ons breine is tussen die gedeeltes wat met romantiese emosies en met verslawing te doen het. Vroue wat verwerp is, het ‘n behoefte aan trooskos en -drank soos sjokolade en wyn om te kompenseer vir hul verlore “liefdesverslawing”, s├¬ die navorsers.
Terwyl ‘n mens jou verlies aan liefde probeer verwerk, aktiveer dit die primitiewe instinkte in die brein, wat met motivering en oorlewing verband hou.
Di├⌐ instink of “emosionele oorlewingsdrang” is geweldig sterk en verklaar die angs wat iemand na ‘n mislukte verhouding ervaar, sowel as die buitensporige optrede wat daarop kan volg, soos agtervolging van die voormalige geliefde, of in uiterste gevalle,┬á selfs moord.
Dr. Lucy Brown van die Yeshiva University in Israel wat by die navorsing betrokke was, s├¬ romantiese liefde is ‘n “natuurlike verslawing”.
“Ons bevindings dui daarop dat die pyn wat volg op romantiese verwerping, ‘n noodsaaklike deel van die lewe is en dat dit in die menslike anatomie en psige ingebou is om dit te probeer verwerk. Net so is ‘n natuurlike herstelproses – om weer ‘n nuwe geliefde te vind – ook in ons fisiologie ingebou. Die onmiddellike fisiologiese en psigiese reaksie n├í┬á ‘n mislukte verhouding is om ‘n ‘nuwe liefde’ in trooskos te soek, totdat ons psigies genoeg herstel het om weer na ‘n regte mens as geliefde te begin soek,” verduidelik sy.
Die volledige verslag verskyn in die Julie-uitgawe van die joernaal: Neurophysiology.
News source: Mooivaal Media – Vaalweekblad