VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Driehoek het reeds vroeg hierdie jaar met ‘n fondsinsameling vir CANSA begin en op ‘n hoë noot afgesluit.
In Maart het die hare gewaai vir die jaarlikse CANSA Shaveathon. Leerlinge en onderwysers se hare was in volle reënboogkleure, terwyl sommige koppe sommer heeltemal geskeer is.
Op 7 Augustus is ‘n muntlegging gehou en ‘n stewige bedrag is ingesamel. Die CANSA- verteenwoordiger het op 19 Augustus die tjek in ontvangs geneem.
Baie huisgesinne word deur kanker geraak en daarom het die Hoekies hul harte en beursies oopgemaak om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.
Die skool bedank al die leerlinge, hul ouers en onderwysers wat bygedra het tot die sukses van die projek.
Source: Vaalweekblad.com