Hoë werkstres laat vroueharte skade ly

Al meer vroue in spanningsvolle poste se harte ly skade weens stres.
Dit is volgens bevindings van ‘n studie wat pas in die gesaghebbende mediese tydskrif Occupational and Environmental Medicine gepubliseer is. Vorige navorsing het ook bewys dat daar ‘n beduidende verband tussen ‘n veeleisende werk en hartsiektes is, maar die studies was tot dusver hoofsaaklik tot mans beperk.

Die mees onlangse navorsing het gefokus op die invloed van stres in die werkplek en die impak daarvan op die harte van 12 116 verpleegsters in Denemarke. Die vroue wat aan die studie deelgeneem het, was almal tussen 45 en 64 jaar oud toe die navorsing begin is, en hul algemene gesondheid is oor ‘n tydperk van 15 jaar waargeneem.
Teen 2008 het 580 verpleegsters uit die groep reeds met hartsiektes in die hospitaal beland – 369 is vir angina (hartkrampe) behandel en 138 het hartaanvalle gehad.
Verpleegsters wat aangedui het dat hul werkstres “effens te hoog” was, se kanse was 25% ho├½r om ‘n hartsiekte te kry as di├⌐ wat gerapporteer het dat hul werksdruk toepaslik en hanteerbaar was.
Di├⌐ wat gemeen het dat hul werksdruk heeltemal te hoog was, het ‘n byna 50% risiko gehad om ‘n hartsiekte op te doen.
Nadat die navorsingsdata volgens ouderdom ontleed is, het dit geblyk dat vroue onder die ouderdom van 51 jaar ‘n beduidend groter risiko geloop het om hartsiektes te kry as ouer vroue in dieselfde poste. Die rede hiervoor is nie heeltemal duidelik nie.
Die navorsers meen di├⌐ uitslag dui daarop dat werkstres ‘n meer negatiewe invloed op jonger vroue het en dat ouer vroue hul werkstres danksy hul lewenservaring, moontlik beter hanteer. ‘n Ander verklaring kan wees dat ouer vroue wat op ‘n jonger ouderdom hartprobleme begin kry het, die verpleegberoep reeds verlaat het en dus op ‘n natuurlike manier uit die navorsing uitgesluit is.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad