Harige weggooikind

VANDERBIJLPARK. – ‘n Kateienaar wat nie meer vir die dier kon sorg nie het onlangs aan ‘n kreatiewe manier gedink om van die kat ontslae te raak.

Di├⌐ babakatjie is onlangs gevind in Jessica se Lewensmuur by die Cormed-hospitaal. Die muur is in 2006 opgerig deur a.o. Michelle Stephenson van die Boipatong-polisie, vir ongehude moeders om hulle babas veilig daar te laat. Die weggooibabas word in ‘n houer met ‘n matrassie en infrarooi lig wat hulle warm hou, geplaas. Wanneer die babas gaan haal word, word hulle dan in behoorlike sorg geplaas.
Hierdie keer het die “baba” egter pels gehad. Dit is vergesel met ‘n briefie en twee sakkies katkos. Die briefie lui: “Sy naam is Lucky. Kinders het in ‘n woonstel ingetrek. Kom van Witbank. Ons kan hom nie op hoewe aanhou as gevolg van honde. Baie dankie.”
Hoewel dit glad nie aanbeveel word of goedgekeur word dat diere in die muur gelaat word nie, het Stephenson haar oor Lucky ontferm en hom ‘n nuwe huis gegee.
Volgens Lycinda Visser van die Vanderbijlpark, Sasolburg en distrikte DBV ondervind hulle soms probleme omdat hulle te ver uit die dorp geleë is en mense nie altyd vervoer het om onwelkome diere daar af te laai nie. Maar hulle beveel aan dat die diere na die DBV geneem word eerder as om hulle op ander plekke te laat.
“Ons kan self die diere gaan oplaai, en as daar ‘n krisis is, kan die diere ook by die veearts in Piet Retiefboulevard gelos word,” s├¬ sy.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad