VANDERBIJLPARK. – Lede van die publiek raak toenemend bekommerd oor die haglike toestand van die voorheen openbare area oos van die Riverside Hotel.
Een van die inwoners wat hierdie situasie onder Vaalweekblad se aandag gebring het, is mnr. James Wright.
“Hierdie probleem is al vir jare aan die gang,” s├¬ hy. “Ek het al in 2008 aangebied om staalhekke by die badkamers aan te bring sodat sleutelbeheer toegepas kan word, maar daar kon niks van kom nie.”
Tans lyk hierdie area totaal verwaarloos. Die badkamers lyk skrikwekkend en die gras word nie gesny nie. Die publiek word ook weerhou om hierdie agteruitgang te sien aangesien die hekke tans toegesweis is en ‘n bordjie opgerig is wat lees “Closed until further notice”.
“Dit is ontstellend, want daar is nie meer ‘n plek langs die rivier waar mense veilig kan braai en hengel nie,” s├¬ Wright.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad