VEREENIGING – Agttien laerskole het Saterdag aan die Laerskool Suikerbos se mini netbal- en rugbydag deelgeneem.
Mammas, pappas, boeties, sussies en selfs oumas en oupas het die kleingoed ondersteun waar sommige van die outjies vir die eerste keer in kompeterende mini netbal- en rugbywedstryde deelgeneem het. Sommer van die begin af was dit duidelik daar daar ‘n paar bulletjies was wat eendag groot naam wil maak op die rugbyveld (en dit het natuurlik die ouerharte warm gemaak van trots).
Hoewel al die vaardighede nog nie daar is nie, het die mannetjies die spel met geesdrif aangepak sonder een bang haar op hul koppe. Die meisies het ook nie op die netbalbaan teleurgestel nie en prag-netbal opgedis.
Bron: vaalweekblad.com