Graduandi skitter by gradeplegtigheid

VANDERBIJLPARK. ΓÇô Graduandi van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal) is onlangs beloon vir hul akademiese toegewydheid en prestasie. Gedurende die pas afgelope mei-gradeplegtigheid ΓÇô wat uit nege sessies bestaan het, is ‘n totaal van 840 diplomas en grade aan verdienstelike graduandi toegeken. Die gradeplegtigheid het oor ‘n tydperk van drie dae by die Quest Conference Estate plaasgevind en het die toekenning van 17 doktorsgrade ingesluit.

In sy boodskap aan die graduandi het die kampusrektor, prof. Thanyani Mariba, die studente aangemoedig om hul verbintenis met die Universiteit te koester en om met sekerheid die werksplek te betree as ambassadeurs van verandering. Volgens die kampusrektor dra die verhaal van elke familie wat by die gradeplegtigheid verteenwoordig is, elke band van vriendskap, elke emosie en herinnering aan student-wees op die oewer van die Vaalrivier by tot die tipe mens waarin elke graduandi ontwikkel het. Hy het die graduandi herinner dat dit hierdie ΓÇ£erfenisΓÇ¥ is waarop elkeen moet voortbou.
In terme van die ho├½ronderwys speelveld in Suid-Afrika, het prof. Mariba die volgende uitsonderlike prestasies voorgehou ten einde die NWU as ‘n gerekende rolspeler te posisioneer:
* Die NWU is vir die afgelope drie agtereenvolgende jare aangewys as die wenner van die PriceWaterhouseCoopers se Uitnemendheidstoekenning vir Korporatiewe Bestuur;
* In 2008 word die NWU bekroon as die mees innoverende hoëronderwysinstelling in die Nasionale Innovasiekompetisie;
* In 2008 ontvang die NWU ‘n toekenning van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad as die universiteit wat oor die afgelope tien jaar die meeste tot meertaligheid en nasiebou in Suid-Afrika bygedra het;
* In 2010 is die NWU aangewys as die nasionale wenner in die kategorie vir tolking en vertaling en as naaswenner in die onderwyskategorie vir hoëronderwysinstellings deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad,
* Die afgelope vyf jaar reeds word die NWU as een van die beste sport universiteite in die land gereken.

Volgens statistiek wat tydens vorige gradeplegtighede ingewin is, word ongeveer 80% van al die Universiteit se graduandi binne ‘n periode van vier maande na die voltooiing van hul studies tot die werksplek toegelaat. Van die oorblywende 20% wat nie dadelik die werksomgewing betree nie, is die grootste meerderheid besig met verdere nagraadse studies. Hierdie statistiek, tesame met die internasionaal erkende kwalifikasies wat toegeken word, is volgens prof. Mariba ‘n aanduiding van die ho├½ kaliber studente wat die NWU Vaal lewer.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad