MEYERTON. – Die Midvaal Sakekamer se gospel-komitee, in samewerking met plaaslike sakeondernemings, is besig om ‘n massiewe Christelike sangfees vir 28 Augustus by die Ho├½rskool Dr. Malan te beplan.┬áVerskeie van die land se top-gospelsangers, sowel as talentvolle plaaslike kunstenaars gaan deelneem. ‘n Minimale toegangsfooi van R10 en ‘n blikkie kos per persoon sal by die hekke gevra word.
Die blikkieskos sal agterna onder hulpbehoewende mense in Midvaal versprei word. Belangstellendes sal tydens die musiekfees stalletjies kan beman en hope pret word ook vir die kleingoed beplan.
Die geld wat op dié dag deur die Sakekamer ingesamel word, gaan aangewend word vir Christelike uitreikingswerk en vir verdere gemeenskapsopheffing.
Die gospel-komitee het reeds groot ondersteuning uit die sakegemeenskap ontvang maar nog heelwat geldelike steun is nodig om ‘n groot sukses van die dag te maak. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan meer inligting op die sakekamer se webblad kry by www.midvaal.co.za.
Kunstenaars wat gaan optree, sluit in:
Charlie Dicks, Ronell Erasmus, Freda Francis, Rina Pretorius, Danie Botha, Ockert & Jan Snyman, Hartklop en 4 Real. Gary Kieswetter sal die aand as spreker optree.
Talentkompetisie:
Een van die hoogtepunte van die dag gaan ‘n gospel-sangtalentkompetisie wees.
Oudisies gaan vooraf gehou word (sien die inskrywingsvorm op hierdie bladsy). Die wenner van die kompetisie gaan ‘n gesogte opname-kontrak losslaan.
Tyd is egter min, dus word alle sangers aangemoedig om so gou as moontlik in te skryf om genooi te kan word na die oudisies.
Na die oorweldigende sukses van die Jesus Leef Fees in Mei, hoop die Midvaal Sakekamer dat die beplande musiekfees in Augustus net so goed ondersteun gaan word en dat Midvaal mettertyd as die “Gospel-stad” van Suid-Afrika bekend sal staan.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad