Die Goeiehoek-kontreimark word op 8 Februarie vanaf 09:00 tot 15:00 op die plaas Bosrand in die Vereeniging-distrik gehou.
Bring die hele gesin en kom snuffel, ontspan en kuier lekker saam. Vars en gedroogde groente en vrugte, plaashoenders, biltong, konfyt, heuning en uitmuntende tuisgebak en heerlike gemmerbier is maar ‘n paar van die lekkernye wat hier te koop sal wees. Verder sal daar ook pragtige handwerk, kuns, juwele, oudhede, organiese kruie en gesondheidsprodukte te koop wees. Moet nie van die tradisionele pap en kaiings, afval en kuier- en teetuin vergeet nie. Lekker pret en vermaak sal ook vir die kleinspan aangebied word.
Neem die R42 Vereeniging/Heidelberg-pad. Draai rigting Goeiehoek by Meyerton/Goeiehoek-kruising. Na vier kilometer, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is dan die eerste plaas op linkerhand na die syaansluiting. Die GPS-koördinate is S26*38!58.1”E28*06”50.0”. Daar is ‘n teerpad tot by die plaas se ingang.
Vir nadere besonderhede kan Annatjie by 083 541 9908 gekontak word.
Source: Vaalweekblad.com