SASOLBURG. – Die ΓÇ£Moeder en KindΓÇ¥-standbeeld deur die beeldhouer Danie de Jager wat op 15 November verlede jaar deur vier mans gesteel is, is verlede week op 24 Junie weer op sy regmatige staanplek teruggeplaas.
Die standbeeld het sedert die opening van die Sasolburg-biblioteek in 1979 voor die biblioteek gestaan. Op 15 November verlede jaar het vier mans van Zamdela die standbeeld wat ΓÇÿn bekende gesig in die dorp is, gesteel en met hul Mazda-bakkie weggery. Toe werknemers die betrokke oggend by die werk kom, het hulle gesien dat iemand die standbeeld van sy podium afgebreek het en daarmee weg is.
“Ons was nog besig om rond te skarrel om alles uit te sorteer toe ek ‘n oproep van die Vereeniging-polisie kry. Hulle wou weet of ons ‘n standbeeld vermis,” sê me. Estelle Boers, waarnemende hoofbibliotekaris van die Metsimaholo-munisipaliteit.
Die vier mans het die standbeeld gesteel en dit na ΓÇÿn skrootwerf in Vereeniging geneem om te gaan verkoop. Adj. Molefe van die Vereeniging-polisie was by die skrootwerf besig om ΓÇÿn ander saak te ondersoek toe hy die vier mans in die Mazda met die mas-siewe standbeeld agterop, opmerk. Hy het dadelik geweet dat dit ΓÇÿn taamlike duur kunswerk is danksy mnr. Gerard de Kaemper van die Universiteit van Pretoria wat vir die SAPD kursusse gee om kunswerke te kan uitken.
Adj. Molefe het die verdagtes op die plek in hegtenis geneem en die kunswerk is sommer dieselfde dag al teruggevind. Die standbeeld, wat in 1979 gemaak is, is na raming R1,2 miljoen werd. Dit was die eerste keer dat iemand die enorme beeld probeer steel het sedert sy oprigting in 1979. Die verdagtes het op 23 Mei in die landdroshof in Vereeniging verskyn en skuldig gepleit op ΓÇÿn klag van diefstal. Die standbeeld het sedert die mislukte diefstalpoging by die veiligheidsdienste in Sasolburg in veilige bewaring gestaan voordat dit verlede week op sy oorspronklike staanplek in ere herstel is.
Bron: vaalweekblad.com