Gesin dakloos gelaat na brand

VEREENIGING. – ‘n Gesin van die Boltonwold-kleinhoewes buite die stad is onlangs dakloos gelaat toe hul huis in vlamme opgegaan het.

Die Erasmus-gesin se huis het verlede Saterdag afgebrand toe ‘n brand veroorsaak is deur gras
wat in ‘n oop veld naby die huis aan die brand gesteek is.
Mev. Elize Erasmus het die betrokke aand omstreeks 19:30 gesien dat die veld brand. Die vlamme was toe al teen die huis.
Haar man, Jurie, het inderhaas begin water aandra om die brand te blus, maar kort daarna het die huis se vensters as gevolg van die hitte begin kraak.
Die brandweer is ontbied, maar hulle kon nie die gesin se besittings red nie.
DA-raadslid Cliff Hartman het die gesin besoek toe hy van die brand gehoor het.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad