Toets jou eie ore
Indien jy twyfel of jou gehoor nog na wense is, vra jouself die volgende vrae:
* Moet ek gereeld vir mense vra om te herhaal wat hulle gesê het?
* Sukkel ek om ‘n gesprek te volg as ek in ‘n groepsituasie verkeer?
* Sukkel ek om te hoor as ek nie vir die spreker kyk nie?
* Klink dit vir my asof mense mompel of onduidelik praat?
* Vind ek dit moeilik om te hoor as ek in plekke is soos in ‘n restaurant, winkelkompleks of vergadering?
* Sukkel ek om vroue en kinders se stemme te hoor?
* Stel ek die televisie of radio op ‘n harder volume as ander in die huis?
* Hoor ek ‘n gesuis of ‘n gefluit in my ore?
Indien jy ja geantwoord het op enige van hierdie vrae, kan jy gerus ‘n gehoorsentrum besoek vir ‘n volledige gehoor-evaluasie.
Wat behels ‘n gehoortoets?
‘n Gehoortoets sluit ‘n lug-, beengeleiding en spraakdiskriminasietoets in wat in ‘n klankdigte vertrek gedoen word. ‘n Volledige gehoortoets en konsultasie duur sowat ‘n uur en ‘n half. Na afloop van die gehoortoets sal jou akoestikus/oudioloog kan bepaal of jy ‘n gehoorverlies het, sowel as die graad en moontlike oorsaak van die verlies. Hy/sy sal jou na ‘n oor-, neus- en keelspesialis verwys indien nodig of die verskillende gehoorapparaat-opsies aan jou bekendstel.
Indien jy ‘n afspraak vir ‘n gehoortoets wil maak, kontak JJC Kruger en Vennote by (016) 423 3553 (Vereeniging), (016) 981 0328 (Vanderbijlpark) of 0860 GEHOOR.
Bron: vaalweekblad.com
Gehoor verlies n algemene probleem
Gehoorverlies is een van die wêreld se mees algemene gesondheidsprobleme. Ongeveer 1 uit elke 10 mense ervaar een of ander vorm van gehoorverlies. 90% van hierdie mense kan deur die gebruik van gehoorapparate gehelp word.