Eskom sal genoeg elektrisiteit hê

VANDERBIJLPARK – As niks onvoorsiens gebeur nie, gaan Suid-Afrika die winter beslis genoeg elektrisiteit h├¬. Eskom wek tans 43% op van al die elektrisiteit wat in Suid-Afrika opgewek word.┬áDie energievoorsiener se┬áelektrisiteit was tot onlangs nog die goedkoopste in die w├¬reld.

Dit is ‘n paar van die interessante feite wat mnr. Danie le Roux van Eskom se kommunikasie-afdeling onlangs met die lede van die Vanderbijlparkse Sakekamer gedeel het.

Die myne, yster en staalbedrywe en spoorweë is tans in Suid-Afrika se grootste elektrisiteitverbruikers. Suid-Afrika se steenkool- en kernkragstasies dra tans sowat 39 000 MW van Eskom se totale kraglewering van meer as 44 000 MW by.

Vanderbijlpark en Vereeniging gebruik gemiddeld so 120 MW, sê Le Roux, terwyl die plaaslike kragstasie, Lethabo, self sowat 150 MW benodig om die krag wat die netwerk benodig te lewer.

Suid-Afrika maak nog hoofsaaklik┬ástaat op steenkool om energie te verskaf, hoewel dit wat besoedeling betref, nie die ideaal┬á is nie. Frankryk se energie word byvoorbeeld┬áreeds 80% deur kernkragsentrales gelewer, maar om nog ‘n Koeberg te bou,┬ágaan Suid-Afrika sowat R300 biljoen kos -┬á’n duur storie, hoofsaaklik omdat dit ho├½ tegnologie vereis en veiligheidsmaatre├½ls in triplikaat ingebou moet word, s├¬ Le Roux.

Gasturbines is ongelukkig baie duur en word meestal net gebruik om die kragnetwerk te stabiliseer as Koeberg byvoorbeeld nie kan produseer nie.

Windkrag is ongelukkig┬áook onekonomies omdat dit klein kragleweringskapasiteit het in verhouding tot die koste.┬áBoonop kan dit net sowat 20% van die tyd in bedryf wees omdat konstante wind nie altyd beskikbaar is nie. Eskom gaan egter in die nabye toekoms in ‘n “windplaas” vir elektrisiteitsopwekking bel├¬. Die aanleg sal sowat 100 MW krag opwek. Hierdie is deel van Eskom se bydrae t.o.v. hernubare energieverskaffing.

Hidrokragstasies is byna besoedelingsvry en baie ekonomies, maar omdat Suid-Afrika ‘n tekort aan water het, is die metode van kragopwekking dus nie ‘n volhoubare oplossing vir konstante kraglewering nie.

Die Vaaldam is byvoorbeeld nie geskik hiervoor nie omdat die waterdruk nie voldoende is nie.

Le Roux nooi alle belangstellendes om Lethabo te besoek om vir eerstehandse inligting oor Eskom, sy bedrywe en kragopwekking. Skakel (016) 457 5650 of e-pos lethabo.visitorcentre@eskom.co.za vir meer inligting.

Nuusbron: (MooiVaal Media – Ster)