|
  | |
  | |
VEREENIGING. – Erfenisdag laat dink jou dalk aan ΓÇÿn vervelige klomp geskiedenis maar moenie glo nie! Die Erfenisdagfees wat Saterdag 24 September by die Dick Fourie-stadion in Vereeniging aangebied word, gaan hope skop vir jonk en oud h├¬! Die program is behoorlik gelaai met musiekkunstenaars en ander interessante items wat almal se smaak sal pas – van kleuters en tieners tot by ouma en oupa! Bring net jul eie opvoustoele saam as julle lekker wil sit. En moenie jul geld vergeet nie. Die tafels gaan kreun onder die kos en drank en boonop is daar baie stalletjies met unieke handgemaakte produkte te koop. En as jy moeg word, kan jy lekker kom uitspan in die biertent om rugby op groot┬¡skerm te kyk. Dan is daar ook verskeie trekkings met groot pryse wat jy kan wen! Daar gaan ook heeldag en -aand wyn geproe word in die krieket-klubhuis. Jy sal ook nie die pragtige veteraanmotors kan miskyk wat spesiaal vir die uitstalling blinkgepoets word nie! Die Centurion-motorfietsklub kom ook ΓÇ£afshowΓÇ¥ met hul spoggerige ysterperde. Hekke open 10:00 vir die Erfenisdagfees en toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders van 12 tot 18 jaar. Kinders onder 12 kom gratis. Die Erfenisdagfees word deur Sacso in samewerking met 90.6 FM Stereo, Ster en Vaalweekblad as media┬¡borge aangebied en is ten bate van bejaardes en minderbevoorregte kinders. Program in MattΓÇÖs Foundation se markiestent: Veldprogram by VCR90.6fm Stereo se buite-uitsaai-eenheid: Program in Ingwe se biertent: |