VANDERBIJLPARK. – Twee vernuftige “sakemanne” wat huisvesting op ‘n beweerde skelm en onwettige manier bekom en dit dan aan studente uitverhuur om hulself te verryk, het eiendomsagente en inwoners in die dorp boos. Vaalweekblad se susterskoerant, Ster, het onlangs daaroor berig. Die probleem neem tans egter sulke ernstige afmetings aan dat dit besig is om die dorp se agteruitgang te beteken, s├¬ inwoners. Hulle vrees dat die gebiede waar die mans tans sake doen, in ‘n “tweede Bedworthpark” gaan ontaard.
Die twee mans, mnre. Lehlokoa Mpho Gift en nog ‘n man wat slegs as Glen of Tefo bekend is, het reeds op klagte van onder meer selfverryking en bedrog in die landdroshof in die dorp verskyn. Die sake is tot later vanjaar uitgestel.
Die gebiede wat in di├⌐ stadium die ergste geraak word, is SE7, SE6, SE4 asook Riverbend Gardens, wat ‘n paar jaar gelede as gesinshuisvesting ontwikkel is.
Volgens mev. Erika Rademan van Property Direct, het hul onderneming reeds die afgelope twee jaar ‘n ooreenkoms met die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit en die Vaal Universiteit van Tegnologie om in Riverbend Gardens huisvestig aan studente te verskaf.
“Die meeste van die huise behoort aan eienaars buite die Vaaldriehoek wat dit as ‘n belegging gekoop het. Ons verhuur die huise op ‘n wettige manier aan studente.
“Sowat 80 persent van die inwoners van Riverbend Gardens is studente. Ons het ‘n goeie verhouding met hulle en plaas nie meer as vier in ‘n huis nie. Ons sorg ook dat die huise netjies bly,” s├¬ sy.┬á
Volgens haar word die huise op ‘n onwettige wyse deur Tefo beset deurdat hy van internet-kontrakte gebruik maak. Hy kry na bewering toegang tot die huise deur fisies die deure af te breek en sy eie slotte aan te sit. Elke student betaal tot sowat R1 000 per maand.┬á
“Teen die tyd wat die regmatige eienaars daarvan te hore kom, is dit reeds te laat en moet hulle dan ‘n uitsettingsbevel kry om die studente uit te sit. Dit is ‘n lang proses en kan tot sowat R20 000 kos.
Nog ‘n “sakeman” wat homself op die manier verryk, is mnr. Lehlokoa Mpho Gift. Hy volg min of meer dieselfe modus operandi. Hy beset tans twee huise op ‘n onwettige manier in Sparrman- en Genl. Lateganstraat in SE7.
Volgens mnr. Frans en mev. Bets Landman van ‘n bekende eiendomsmaatskappy in die dorp, het hulle ook reeds verskeie kere ‘n bloutjie met hom geloop. Hy gee voor dat hy ‘n kontrak met die┬á Botswana-regering het om huisvesting aan studente te verskaf.
Die huis in Sparrmanstraat behoort aan ‘n mev. Eugenia Ntsele, maar Gift het op ‘n onwettige wyse studente daarin geplaas.
In Genl. Lateganstraat het hy ook op ‘n onwettige manier ‘n huis wat in die proses is om opgeveil te word, bekom. Hy het na bewering ‘n voorveiling-aanbod ingesit teen ‘n baie ho├½ bedrag. Die aanbod is nog nie goedgekeur nie, maar hy het reeds dertig studente in die huis en het reeds begin om veranderings aan te bring.
Volgens wet kan die studente nie uitgesit word nie omdat hulle meer as 48 uur in die huis woon. Die bank moet dus ‘n uitsettingsbevel kry om die studente uit te sit. Die huis kan ook nie opgeveil word terwyl die studente daar woon nie, maar intussen maak Gift op ‘n onwettige manier geld.
“Ons wil studente en huiseienaars waarsku teen hierdie mense. Maak seker aan wie jy jou huis verhuur en moet nie sommer sleutels aan ‘n persoon oorhandig om na die huis te gaan kyk nie. As hy dit eers beset het, kry jy hom nie weer daar uit nie,” s├¬ mnr. Landman.
Nuusbron:┬á Mooivaal Media – Vaalweekblad