Niemand kan sê dat hy nie verblind sal word deur die voordele en vreugdes wat gesag en mag aan hom bied nie. Selfs om iemand tot ouderling te verkies, kan soms gevaarlik wees, want die skielike gesag wat hy sodoende verkry, kan dalk na sy kop toe gaan en veroorsaak dat hy sondig (vgl. 1 Tim. 3:6). Ons kan nie wag totdat ons eendag in gesagsposisies kom, om onsself voor te berei vir die versoekinge wat dit meebring nie.
Ons moet van jongs af die verleidinge van gesag duidelik raaksien, sodat ons nie onverhoeds betrap word nie. Ons moet besef dat gesag gevaarlik kan wees, omdat dit dikwels verwaandheid veroorsaak. ΓÇÿn Ho├½ gesagsposisie kan veroorsaak dat ons belangrik voel, verhewe bo diegene op die onderste trap van die le├½r, en as ons eers grootkop gekry het, draai alles net om onsself. Ander se behoeftes, gevoelens en strewes is dan van geen belang nie. Hoogmoed sny in beginsel alle omgee en betoning van liefde by die wortel af. ΓÇÿn Opgeblaasde ego dryf ons om ons gesag aan te wend tot ons eie voordeel, en ander se nadeel. Die misbruik van gesag is ΓÇÿn toelaatbare strategie vir die verwaande mens. Wie grootkop gekry het, sal noodwendig blind wees vir die gevare van die gesag-slagyster. Ons moet van jongs af leer bid (Ps. 139:23, 24): “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ΓÇÿn weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” Ons moet besef dat hoogmoed vir die Here ΓÇÿn gruwel is, en tot sonde lei (vgl. Spr. 6:16-17; 11:2; 16:18). Ons kan nie eers eendag as ons gesag in die hande het, probeer om die slagysters te vermy nie. “Eendag” is waarskynlik te laat.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad