VEREENINGING – Die bekende Afrikaanse sanggroep, Eden sing op 30 April by die HTS Vereeninging ter ondersteuning van die Vermeulen-gesin wat onlangs hul driejarige serebraal gestremde seuntjie, Dylan aan die dood afgestaan het.
Dylan is kort na sy geboorte met serebraal verlamming en epilepsie gediagnoseer. Mediese koste het die hoogte ingeskiet en verskeie toetse is op die seun uitgevoer maar medici kan steeds nie met sekerheid sê wat die oorsaak  van sy agteruitgang was nie.
Die groep, Eden was reeds voor Dylan se dood van plan om┬á’n fondsinsameling vir die seun te hou om van die┬á mediese rekeninge te betaal en nooi die gemeenskap om die gesin te ondersteun deur die vertoning┬á by te woon.
Skakel Annemarie Vermeulen by 076 598 7788 vir meer besonderhede.  
(Nuusbron: Mooivaal Media – Ster)