Drukkersduiwel aan die werk

Joey Reynecke van Vereeniging skryf:
Ek en my man sit nou al ‘n paar dae lank en probeer “uitfigure” wat die betekenis van die Latynse sinsnede: “Muliam ompre auctum deffre, utemuris Cupimihicaes eris Poerei suple” beteken wat onderaan die interessante berig, Famous last words, in Vaalweekblad van 21 Julie verskyn het. Kan Vaalweekblad dalk lig op die saak werp?

* Joey, ons sou regtig net so graag wou weet soos jy. Die woorde was beslis nie op ons proefblad wat drukker toe gestuur is nie. Ons bladuitleg-personeel het die saak reeds ondersoek en kon tot dusver nie vasstel hoe die “Latyns”, wat glad nie met die berig verband hou nie, daar beland het nie. Dis ‘n goeie voorbeeld van die drukkersduiwel se werk en ons hoop van harte dis sy eie “doodswoorde”. Redakteur.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad