VANDERBIJLPARK. ΓÇô West Lee Upton (5) is ΓÇÿn doodgewone seuntjie, maar is ongelukkig baie siek. ΓÇÿn Tyd gelede moes West Lee se ma, Bianva, hoor dat haar seuntjie ΓÇÿn gewas op die brein het en die daaropvolgende week, dat sy lewer nie normaal funksioneer nie.
Hy is by die Vereeniging/Kopanong-hospitaal gediagnoseer, maar die dokter het Bianca ingelig dat sy hom na Baragwanah-hospitaal toe moet neem, omdat die behandeling wat tot dusver gegee is, onsuksesvol was.
Bianca is ΓÇÿn enkelouer wat vir ΓÇÿn baie klein salaris werk en kan nie ΓÇÿn mediese fonds bekostig nie. Sy is baie lief vir haar kleinding, soos enige ouer en vra die publiek se hulp met donasies.
West Lee ontvang tans behandeling maar sy moet nog ΓÇÿn aardige bedraggie inbetaal om te verseker dat die behandeling kan voortgaan. Dit is maar net die eerste van ΓÇÿn reeks behandelings wat nog gaan volg.
West Lee moet later ΓÇÿn breinoperasie ondergaan om die gewas te verwyder, maar sonder fondse kan hy nie gehelp word nie.
Pastoor Ben Jordaan van die Lede in Christus-gemeente in Vanderbijlpark stig tans ΓÇÿn hulpfonds om geld in te samel vir die behandelings. Donasies kan by Standard Bank inbetaal word.
Die rekeningnommer is 027973360 en die takkode: 014737. Alle hulp sal baie waardeer word.
U kan ook vir pastoor Jordaan skakel by 072 424 2700 vir meer inligting.
Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalweekblad