Die spoed boete puntestelsel is met ons.

VANDERBIJLPARK – Die nuwe wet waarvolgens padverkeersboetes hanteer word, Administrative Adjudication of Road Traffic Offences (AARTO), is met ons.

Wat dit anders maak as die boetes wat jy tans ontvang, is dat daar strafpunte vir elke boete teen jou toegeken word. Dit kan selfs daartoe lei dat jy jou bestuurslisensie verloor.

Toekenning van strafpunte en boetes:

  • 81-85 km/h in n 60 km gebied: 2 punte: R750
  • 86-90 km/h in n 60 km gebied: 3 punte: R1000
  • 91-95 km/h in n 60 km gebied: 4 punte: R1250
  • 100 km plus in n 60 km gebied: arrestasie en hof
  • 141-145 km/h in n 120 km gebied: 2 punte: R750
  • 146-150 km/h in n 120 km gebied:┬á3 punte: R1000
  • 151-155 km/h in n 120 km gebied:┬á4 punte: R1250
  • 156-160 km/h in n 120 km gebied:┬á5 punte: R1500
  • 160 km/h plus ┬áin n 120 km gebied:┬á6 punte: arrestasie en hof

Belangrike dinge om te onthou:

  1. Elke bestuurder kry net 12 punte.
  2. Punte word toegeken sodra die boete betaal is.
  3. Wanneer jy 3 boetevrye maande het, neem jou punte met een punt af.
  4. Wanneer jy 12 punte oorskry het, word jou lisensie tydelik teruggetrek vir 3 maande per punt oor 12.
  5. Nadat jou lisensie vir die derde keer tydelik teruggetrek is, word dit finaal teruggetrek en verloor jy jou lisensie.
  6. Die 12 punte is nie net vir┬ádie jaar nie, maar lewenslank – dit wil s├¬ jy kan nie jou volgende jaar “skoon” begin nie.
  7. Geen hof kan die punte verminder nie. Die hof kan wel die boete wat jy moet betaal verminder, maar die punte bly dieselfde.
  8. Ondernemings en vlootoperateurs het n heel ander wyse waarop hul punte beoordeel word.

 

Nuusbron: Mooi Vaal Media – Ster