Archive | Uncategorized

Opwindende fietstoer beplan vir 2010

VEREENIGING – ‘n Interkerklike bergfiets-uitdaagrit van meer as 2 200 km is een van die opwindendste bergfietsbyeenkomste wat tans vir die 2010-kalender beplan word en alle fietsryers word genooi om die geleentheid te ondersteun.

Die fietstoer word deur die AGS kerk Drie Riviere (Rivierstad Tabernakel) vanaf Mosambiek (Gorongosa, 200 km noordwes van Beira terug na Drie Riviere in Suid-Afrika) van 20 Augustus tot 18 September aangebied. Die roete strek oor 20 dae in Mosambiek en 10 dae in Suid-Afrika.

Die doelstelling is om bewusmaking te bevorder van die Evangelie, Bybels en literatuur te versprei en om vriendskapsbande tussen die twee lande te verstewig.

Daar word tans in die gemeenskappe van Nhambita, Munhanganha, Mutiambamba, Bue-Maria, Pungue en M’Bulawa meer as 9 500 inwoners en in die Punguerivier-omgewing meer as 18 500 inwoners bedien.

“Fondse wat tydens die geleentheid ingesamel word, sal aangewend word om ‘n sendingstasie te bou, kerke op te knap, ‘n tent vir buitelug-evangelisasie en geldelike steun aan kwalifiserende Bybelskoolstudente te verleen,” s├¬ die organiseerders.

Fietsryers sal deur gemeentes in Komatiepoort, Nelspruit, Machadodorp, Middelburg, Bronkhorstspruit, Pretoria, Heidelberg en Vereeniging onderskeidelik op die Suid-Afrikaanse-been van die toer onthaal word.

Sakelui word ook genooi om die projek te ondersteun deur skenkings te gee of om deelname van fietsryers te borg.

Skakel Festinus (Suid-Afrika – 078 523 8879 / Mosambiek – 00258 828 405 425), Susann (Suid-Afrika – 083 560 8329 / Mosambiek – 00258 828 405 429), pastoor Hannes van der Walt – Rivierstad Tabernakel – tel (016) 454-0017 of stuur ‘n epos na shorn44@gmail.com vir meer inligting.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster

Posted in Uncategorized0 Comments

Laat waai en leef volgens jou roeping

‘n Splinternuwe┬á boek van die bekende bedryfsielkundige, dr. Arnold Mol, is nou op die rakke. Die boek met die iewat ongewone titel, Jy kan word wat jy is, gee praktiese riglyne vir ‘n gebalanseerde en vervulde Christelike lewe.

Mol se vorige boeke het reeds talle mense se lewens aangeraak en raad gegee oor bestuur, motivering, konflikhantering, ouerskap, en die huwelik. Met sy nuwe boek rig hy hom aan die adres van gelowiges wat voel dat hulle dit nie heeltemal “maak” nie.

Hulle beleef dat God teleurgesteld in hulle is en verstaan nie wat dit  help om steeds aan te hou probeer nie. En terwyl talle kerke so sterk op persentasie fokus, verloor hulle mettertyd moed.

Jy kan word wat jy is, bestaan uit drie dele naamlik wat ons is; wat ons kan wees; en wat ons sal wees. Die hooftema is: jy is meer as wat jy besef. Daarom: laat waai! Begin jou lewe leef in ooreenstemming met God se roeping vir jou. Wat belangrik is, is dat ons moet besef wie ons is: mense wat streef na volmaaktheid maar dit net nie kan bereik nie. Maar ook mens wat voor God skuldig staan omdat ons dit nie maak nie, omdat ons sondig en stukkend is en omdat ons sonde alles stukkend breek waaraan ons vat.

Genadelik kan ons ‘n tweede verhaal vertel, van Jesus wat voor ons staan wanneer ons voor God se troon staan. Van ‘n glimlag op God se gesig nog voordat Hy Jesus in ons raaksien.

Om die rede kan ons iets word: ‘n mens wat geestelik groei, wat met skuld kan afreken op ‘n Bybelse en realistiese wyse, ‘n mens wie se geloof toeneem omdat die diepte van die verhouding met God toeneem. ‘n Mens wat versoekings oorwin en leer om onaangename mense lief te h├¬ en om mense te vergewe wat teen ons oortree. Ons kan mense word wat in die Naam van die Here, lyding kan trotseer.

Dit is ‘n hoopgewende, geloofsopbouende boek wat jou begelei om nuut oor die lewe en jou verhouding met God te dink. Jy kan word wat jy is word uitgegee deur die Christelike Uitgewersmaatskappy en kos R119,95 by toonaangewende boekhandelaars.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster

Posted in Uncategorized0 Comments

Kaneel is nie net vir pannekoek nie

‘n Kanadese tydskrif, Weekly World News, het onlangs ‘n berig gepubliseer waarin die voordele van heuning en kaneel breedvoerig bespreek is. Nie net is heuning en kaneel ‘n vinnige energie-happie nie, dit is glo ook ‘n kuur vir verskeie kwale.

Artritis-lyers kan glo groot voordele daaruit put om elke dag ‘n koppie louwarm water te drink waarin twee teelepels heuning en ‘n skeppie kaneel opgelos is. ‘n Pasta van heuning en kaneel kan ook gemaak word en aan die aangetaste gewrigte gesmeer word. Dis dalk ‘n taaierige aff├¬re, maar dit┬á verdryf glo die pyn binne 15 minute. Boonop is daar wetanskaplike bewyse dat dit cholestrolvlakke verlaag.

Diegene wat las het van haarverlies kan glo ook baat by heuning en kaneel. Berei ‘n mengsel van warm olyfolie, een eetlepel heuning en een teelepel kaneel voor┬ávoordat jy bad. Masseer dit in jou kopvel in en hou dit vir 15 minute aan terwyl jy bad. Was dit dan af. Jy gaan glo binnekort weer met ‘n┬á blink haardos spog.

Blaasontsteking neem glo ook vinnig die wyk as jy twee teelepels kaneelpoeier en een teelepel heuning saam met ‘n glas louwarm water drink. Dit vernietig blykbaar die kieme wat blaasontsteking veroorsaak. ‘n Pasta van heuning en kaneel wat drie keer per dag aan ‘n seer tand of tandvleis gesmeer word, verdryf glo ook vinnig die pyn. Gereelde inname van heuning en kaneel is glo ook ‘n verkoue se moses.

Ander ontsteldhede waarvoor heuning en kaneel glo met sukses ingespan kan word, is by velontstekings, puisies, sooibrand, halitose, hartkwale, ‘n omgekrapte maag en verharde are. Dit is ‘n bekende feit dat vroue in China en Japan┬á reeds eeue lank glo in die waarde van kaneel as hulle sukkel om swanger te raak. Geen wetenskaplike navorsing is egter nog gedoen om die Oosterse boereraat te staaf nie.

Navorsing wat tans aan die gang is in sommige Amerikaanse ouetehuise, wys wel daarop dat heuning en kaneel ‘n positiewe uitwerking het op bejaardes se bloedsirkulasie.

Maar die beste nuus vir alle vetties: as jy soggens ‘n halfuur voor ontbyt en saans voor slaaptyd een koppie afgekoelde kookwater drink waarin twee teelepels heuning en een teelepel kaneel gekook is, gaan jy glo binne ‘n paar weke al jou oortollige gewig afskud.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster

Posted in Uncategorized0 Comments

Dans is terapeuties

Om te dans is nie net ‘n prettige tydverdryf┬ávir senior burgers nie, dit is┬á ook terapeuties. Twee onlangse studies het bevind dat dans ouer mense se balans en algemene beweging dramaties bevoordeel.

“Kreatiewe proaktiewe behandeling soos dansgebaseerde terapie het die potensiaal om te voorkom dat ouer mense maklik val en ernstig beseer word,” s├¬ Jean Krampe,┬á’n geregistreerde┬áverpleegkundige wat by die navorsing betrokke is.

“Die navorsers het bevind dat die vlakke van balans onder senior burgers wat gereeld aan dansterapie deelneem, aansienlik verhoog het en dat┬áhulle op verskeie┬áterreine beter funksioneer as die wat nie daaraan deelneem nie,” s├¬ sy.

Die program bestaan uit ‘n kombinasie van lae-impak danspassies wat op die maat van musiek gechoreografeer word. Na slegs twee maande en 18 sessies kon ‘n duidelik waarneembare verbetering in die deelnemende bejaardes se balans en stapspoed gerapporteer word.

Buiten die fisiese voordele was daar ook ‘n merkbaar positiewe┬á verandering in die deelnemers se lewensuitkyk. Die meeste deelnemers het gerapporteer dat hulle vroliker en minder neerslagtig voel. In Engeland word dansterapie nou ook met groot vrug gebruik om mense wat herstel na kankeroperasies, te behandel.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster

Posted in Uncategorized0 Comments

Jou man se oë kan sê of hy luister of nie

Al ooit gewonder of manlief luister as jy praat? Wetenskaplikes sê jy kan maklik uitvind: kyk net hoeveel keer knip hy sy oë as jy met hom gesels.

Navorsers van die universiteit van Waterloo in Kanada het gevind dat n mens jou oë meer knip wanneer jou gedagtes dwaal.

Die navorsingspan onder leiding van die neurowetenskaplike dr. Daniel Smilek, het bevind dat wanneer n mens se gedagtes dwaal, die gedeelte van jou brein wat met die prosessering van eksterne gebeure te doen het, minder aktief raak.

Die brein probeer om die w├¬reld daarbuite as’t ware “uit te skakel” deur minder inligting in te neem. Die maklikste manier vir jou brein om dit reg te kry, is om jou onbewustelik te dwing om jou o├½ meer gereeld toe te maak (te knip) sodat jy letterlik minder van wat om jou gebeur, kan sien en dus ook minder inligting vir prosessering na jou brein kan stuur.

So, as manlief se oë meer as gewoonlik knip wanneer jy weer met hom probeer gesels, is die kanse goed dat sy gedagtes nie by jou is nie, maar eerder by komende Saterdag se rugby wedstryd.

Nuusbron: Mooivaal Media – Vaalster

Posted in Uncategorized0 Comments

Sedibeng is proud to host 2 national teams for the world cup

The Swiss and Ivory Coast national football teams will both be using Sedibeng as their base camps for the duration of the World Cup.

  1. Ivory Coast

If an African Team is to make a major impact on the 2010 Fifa World CupΓäó finals in South Africa, Ivory Coast are seen by many as the most likely candidates. And with world class talent throughout the starting 11, it’s no wonder.

Training Venue: George Thabe Stadium

The Ivorians will be practicing at George Thabe Stadium in Sharpville. This township, steeped in major historical events, will have one more to brag about when the Ivory Coast national team come here to practice.

The football venue is looking great and the strict FIFA requirements have been met.

2. Switzerland

Switzerland will be appearing at the FIFA World CupΓäó finals for the ninth time, coach Ottmar Hitzfeld and his men are aiming for more than just a supporting role.

Training venue: Isaac Steyl Stadium

The Vaal University of Technology is proud to have the Swiss National Team using their facilities at Isaac Steyl Stadium in Vanderbijlpark. The stadium and the playing surface is looking fantastic.

Football fans in our area will be hard pressed to find a better venue for watching training sessions.

Source: Mooivaal Media – Ster

Posted in Uncategorized0 Comments

Jesus Leef – Fees

Opwinding loop hoop hoog vir die Jesus Leef-Fees wat op 30 Mei by die Ho├½rskool Dr. Malan gehou word. Die bekende Louis Brittz is een van die groot name wat gaan optree. Ander bekende gastkunstenaars wat aan die daglange fees gaan deelneem, is Freda Francis, Bobby van Jaarsveld en Nedine Blom. Daar gaan beslis iets vir elkeen se smaak wees, asook heerlike eet- en drinkgoed om dit ‘n onvergeetlike familliedag te maak. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en kinders onder 12 kry gratis toegang.

Program:

  • 12:00 – 12:10:┬á┬á┬á Louis Marais
  • 12:15 – 13:00:┬á┬á┬á Riaan Smit
  • 13:15 – 14:00:┬á┬á┬á Melanie
  • 14:00:┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á Sky Divers
  • 14:30 – 16:15:┬á┬á┬á┬á Nedine Blom – Super Cool Kids vir Jesus
  • 16:30 – 17:30:┬á┬á┬á Uitverkoop
  • 17:30 – 18:30:┬á┬á┬á Bobby van Jaarsveld met band
  • 18:30:┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á┬á Louis Brittz

 

Bron: MooiVaal Media – Vaal Weekblad

Posted in Uncategorized0 Comments

Spinathon at Vaal Mall

The Community Chest, Vaal Mall and IFM 102.2 are joining together to raise money for the orphans of the Vaal. They are hoping to raise enough money to buy 1 263 orphans soccer jackets so that they can get into the soccer spirit and stay warm this winter. Virgin Active’s involvement in the Winter Warm project will be to host a “spinathon” on May 15. The spinathon will be held at the Vaal Mall outside the Woolworths court and will start at 09:00 am, continuing until 17:00 (5pm).

Liezel Stander, sales manager of Virgin Active, said 60 bikes would be available to the public throughout the day “so that the public can get involved in raising money for this worthy cause.” A ten minute spinning session will be charged at R20 and the public is also urged to sponsor instructors for any amount of time. The minimum amount for sponsoring an instructor is R100.

Source: Mooi Vaal Media – Ster

Posted in Uncategorized0 Comments

Bring asb vir Lulu terug

VANDERBIJLPARK – Lulu, ‘n miniatuur steekhaarbrakkie, het op Vrydag 23 April in die SW5-omgewing naby Transvalia weggeraak. Dit was ‘n geskenk aan Michelle se ma vir Kersfees en daar is baie hartseer en ontsteldheid in die huis oor hul verlore troeteldier.

Dis ‘n klein, ligbruin hondjie, met ‘n groen bandjie om haar nek. Die eienaars vra dat die persoon wat haar gevat het, haar sal terugbring en gee nie om oor die gebeure nie. Hulle wil net baie graag die hondjie terugh├¬.

Kontak Hannetjie by 073 775 0255 indien enigiemand inligting oor Lulu het.

Nuusbron: Mooivaal Media – Ster

Posted in Uncategorized1 Comment

Learning to give

SASOLBURG – As part of the┬ásubject “Life Skills”, Grade 10 pupils of the Vaalpark Articon High School must collect at least R100 each for the Winter Warm Project.

The Winter Warm Project is a Community Chest initiative, which has identified 1263 children in the Vaal Triangle who will receive a warm jacket or tracksuit. “We decided that for the pupils’ Social Development module – instead of them learning theory – we would get them physically involved [in a community project], says Mathilda Vermaak, the┬á Life Skills teacher at Articon.

According to  Vermaak, it will cost R100 for a jacket or tracksuit per child. The pupils were divided into groups, who then came up with ways in which they could collectively raise money for the project.

Despite this being a group project, each student was asked to raise a certain amount by May 12.

“We have challenged each child in the class to raise at least R100, but I know there are some pupils that have collected over R800,” said Vermaak. “They are doing different things to raise money, for example asking for money at robots or giving up their tuck-shop money for a week.”

News source: Mooivaal┬áMedia – Ster

Posted in Uncategorized1 Comment

Zulu king visits local firm

VEREENIGING – As custodian of Zulu traditions and customs, His Majesty King Goodwill Zwelithini recently paid an official visit to the prominent communications cable manufacturer Malesela Taihan Electric Cable, M-TEC.

King Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu is the reigning king of the Zulu nation under the Traditional Leadership Clause of South Africa’s contitution.

According to an M-TEC spokesperson, the kings’s visit to M-TEC facilities in Vereeniging was primarily inspired by his determination to promote trade as well as local and international partnerships in the country.

M-TEC is one of the country’s┬áundisputed leaders in the manufacture and supply of power cables, aluminium overhead conductors , bare copper wire and strip products.

News source: (Mooivaal Media – Ster)

Posted in Uncategorized1 Comment

SAPS cares

VANDERBIJLPARK – The Social Crime Prevention Unit of the Vanderbijlpark SAPS donated clothes to residents of Mnqiniswa Squatter Camp in Bophelong on April 20.

As part of the “SAPS Cares” Project established three years ago, the Vanderbijlpark Station felt the need to help the residents because many of them are unemployed.

“The community welcomed the police with open arms and their faces were smiling happily,” says Police spokesperson Kinnie Steyn.

This project, co-coordinated by Captain Chere Mohale and his colleagues, will continue throughout the year.

News source: (Mooivaal Media – Ster)

Posted in Uncategorized0 Comments

Die spoed boete puntestelsel is met ons.

VANDERBIJLPARK – Die nuwe wet waarvolgens padverkeersboetes hanteer word, Administrative Adjudication of Road Traffic Offences (AARTO), is met ons.

Wat dit anders maak as die boetes wat jy tans ontvang, is dat daar strafpunte vir elke boete teen jou toegeken word. Dit kan selfs daartoe lei dat jy jou bestuurslisensie verloor.

Toekenning van strafpunte en boetes:

  • 81-85 km/h in n 60 km gebied: 2 punte: R750
  • 86-90 km/h in n 60 km gebied: 3 punte: R1000
  • 91-95 km/h in n 60 km gebied: 4 punte: R1250
  • 100 km plus in n 60 km gebied: arrestasie en hof
  • 141-145 km/h in n 120 km gebied: 2 punte: R750
  • 146-150 km/h in n 120 km gebied:┬á3 punte: R1000
  • 151-155 km/h in n 120 km gebied:┬á4 punte: R1250
  • 156-160 km/h in n 120 km gebied:┬á5 punte: R1500
  • 160 km/h plus ┬áin n 120 km gebied:┬á6 punte: arrestasie en hof

Belangrike dinge om te onthou:

  1. Elke bestuurder kry net 12 punte.
  2. Punte word toegeken sodra die boete betaal is.
  3. Wanneer jy 3 boetevrye maande het, neem jou punte met een punt af.
  4. Wanneer jy 12 punte oorskry het, word jou lisensie tydelik teruggetrek vir 3 maande per punt oor 12.
  5. Nadat jou lisensie vir die derde keer tydelik teruggetrek is, word dit finaal teruggetrek en verloor jy jou lisensie.
  6. Die 12 punte is nie net vir┬ádie jaar nie, maar lewenslank – dit wil s├¬ jy kan nie jou volgende jaar “skoon” begin nie.
  7. Geen hof kan die punte verminder nie. Die hof kan wel die boete wat jy moet betaal verminder, maar die punte bly dieselfde.
  8. Ondernemings en vlootoperateurs het n heel ander wyse waarop hul punte beoordeel word.

 

Nuusbron: Mooi Vaal Media – Ster

Posted in Uncategorized1 Comment

Rugbyklub benodig dringend spelers

VANDERBIJLPARK – Die NWU Vaal Rugbyklub is dringend op soek na spelers vir hulle eerste, tweede en o/21-spanne wat hierdie seisoen in die Middel Valke Liga gaan deelneem.

Die NWU Vaal Rygbyklub het ontstaan uit die NWU Rugbyklub en die voormalige Bearing Man (ou Iscor-rugbyklub) wat onlangs saamgesmelt het.

NWU Vaal speel tans in die Luiperd Liga en hulle o/19-span speel in die Leeus Liga. Die klub oefen elke Maandag en Woensdag om 18h30 by die Vaal Rugbyklub (ou Iscor-klub) se velde in Currie Boulevard, Vanderbijlpark.

Die Middel Valke Liga bestaan hierdie jaar uit die Sasolburg Kobras, VUT, Nigel, Elsburg, Oosrand-Polisie en NWU Vaal.

Belangstellendes kan Koos Blomerus op 083 642 5691 kontak.

Nuusbron – Mooivaal Media – Ster

Posted in Uncategorized0 Comments

Page 24 of 29« First...10202223242526...Last »
Click to get listed

Follow us…

Vanderbijlpark Weather

Clear 15°C Clear
Sun Clear
18/2
Mon Clear
17/3
Tue Clear
17/3

Read more…