Archive | Uncategorized

Veilig om water te drink

 
 
VANDERBIJLPARK. -

Die Vaaldriehoek se kraanwater wat deur Rand Water verskaf word, is suiwer en veilig om te drink.  Hoewel die gehalte van Vaaldriehoekse spruit- en rivierwater plek-plek glad nie aan die departement van waterwese en bosbou se standaarde voldoen nie, het geen gevalle van cholera weens besmette water in ons gebied, tot dusver voorgekom nie.  Dit is die goeie nuus. Die slegte nuus is dat sekere watergebiede in die Vaaldriehoek steeds uiters toksies is en ernstige siektes kan veroorsaak – sonder dat watersportgeesdriftiges dit besef.

D¡t is van die feite wat verlede week deur adv. Lotter Weppener, voorsitter van Save the Vaal Environment (Save) aan lede van die Vanderbijlparkse Sakekamer genoem is na onlangse foutiewe gerugte dat daar cholera in die Vaal se waters sou wees.  Die feit bly egter staan dat die Vaaldriehoek reuse-probleme ten opsigte van spruit- en rivierwater ondervind en sakelui en die toerismesektor het oor die Kersvakansie derduisende rand verloor weens potensiele vakansiegangers se kansellasies.

Hoewel die watergehalte tans baie beter is as voor die Desember-vakansie, is dit nog lank nie ideaal nie, se Weppener. Die Vaalrivier tussen die Lethabo-keerwal tot omtrent by die Riviera-hotel is skoon, maar verder af tot by die Barrage is die situasie steeds beroerd.
“Talle mense swem en baljaar nog in die water van Loch Vaal, sonder om te besef dat dit tans waarskynlik die mees toksiese watergebied in die streek is. Die sediment wat deur die jare opgebou het, sal jare neem om skoon te kom – en ook net mits skoon water daardeur spoel. Tans is dit nie die geval nie,”se Weppener.

Dit was einde verlede jaar landwyd in die nuus toe Save die Emfuleni-munisipaliteit met ‘n hofbevel moes dwing om dringende onderhoudwerk aan rioolpompe te doen. Dit was nadat groot volumes rou riool in die rivier ingestroom het. Nadat vis kort daarna by die tonne in die rivier begin vrek het, moes Emfuleni met  ‘n hofbevel gedwing word om die massas dooie visse te verwyder.

‘n Kundige buitekontrakteur kon die “onoorkombare” probleem binne ses weke oplos, maar sy diens is intussen weens onbekende redes beindig en hy is met ‘n nuwe kontrakteur vervang.  “Die feit dat buitekontrakteurs die probleme in ‘n relatiewe kort tyd kon vasvat, bewys dat die werk wel vinnig gedoen kon word. Dit kos belastingbetalers egter elke keer honderde duisende rand. Indien tydige en behoorlike onderhoud deur die plaaslike owerheid gedoen is, sou dit (die besoedeling) nooit gebeur het nie.”

Save se ondersoeke blyk dat daar tans geen rou riool in die Vaalrivier invloei nie, maar ‘n nuwe bekommernis is die onlangse bevinding dat die Rietspruit-suiweringswerke glad nie funksioneer nie – dalk al vir jare nie. Nadat sanitasiekundiges die afgelope dekade die munisipaliteit se diens verlaat het, was daar skynbaar niemand wat die dreigende probleem voorsien het of behoorlike onderhoud gedoen het nie. Rand Water se toetse by Rietspruit het nog so onlangs as 14 Januarie ‘n e-coli-telling van 22 000 eenhede per 100 ml water getoon. Volgens die departement van waterwese se standaarde mag dit nie hoer as 1 000 eenhede per 100 ml water wees nie.

“Siekte-veroorsakende organismes vloei dus steeds in die rivier in. Die tweede helfte van die Barrage-reservoir moet steeds as onbruikbaar vir mense beskou word,” se Weppener.  Hy het beklemtoon dat die Vaaldriehoek se kraanwater nie uit die Vaalrivier kom nie, maar uit die Vaaldam, waarvan die watergehalte tans nog bo verdenking is en streng deur kundiges van Rand Water gemonitor word.
Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Die gesondheidsvoordele van rooibostee

 
Dit is lankal algemene kennis dat rooibostee gesond is en onlangse navorsing bewys meer dat hierdie stelling waar is.  Die Suid-Afrikaanse Rooibos-raad is tans besig om n ogie te hou oor navorsing wat hier en regoor die wereld gedoen word oor die soort tee.Die volgende gesondheidsvoordele het al aan die lig gekom:

* Internasionale navorsers het gevind dat rooibostee baie antioksidante bevat, wat die liggaam help om op n natuurlike manier siektes te beveg. Die ideaal is om deur die dag ses koppies daarvan te drink.

* Rooibostee speel ook n rol in die voorkoming van velkanker. Dit is veral goeie nuus in Suid-Afrika, waar ongeveer 700 mense elke jaar sterf as gevolg van velkanker.

* Navorsers in Pakistan, Kanada en Duitsland het ondersoek ingestel oor die effek van rooibostee op die spysverteringstelsel en gevind dat dit n kalmerende effek op die stelsel het en ook gebruik kan word vir die behandeling van ander probleme in hierdie liggaamsarea.

* In Japan is navorsing gedoen wat bewys het dat rooibos goed is vir die immuunstelsel, dus kan dit voordelig wees vir mense met MIV/vigs.

* Waarskynlik die beste nuus:  nog navorsing wat in Japan gedoen is, het gevind dat rooibos boonop veroudering kan teenwerk.

Vir meer inligting oor rooibos en die gesondheidsvoordele daarvan, besoek www.sarooibos.org.za.
Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Bekende skrywer besoek Sasolburg

 
SASOLBURG.Die bekende Afrikaanse skrywer, Irma Joubert, het die Sasolburg-biblioteek onlangs besoek om saam met haar getroue aanhangers te kuier.  Sy het by die geleentheid ook meer oor haar boeke en die skryfproses vertel en haar nuutste boek, Kronkelpad, aan hulle bekendgestel.  Kronkelpad is die derde boek in die trilogie. Anderkant Pontenilo was die eerste en is gevolg deur Persomi. Kronkelpad speel af in die jare 1938 tot 1960.  Die trilogie word op boeiende wyse afgesluit in 1986 der waar dit begin het, waar al drie die boeke se karakters weer bymekaar kom in die Italiaanse dorpie hoog bo in die Alpe.
Kronkelpad handel oor die hoofkarakters, Lettie Louw (Klara se slim vriendin uit Pontenilo) en die dokter wat in Persomi in die hofsaak getuig) en haar romantiese belangstelling, Marco Romanelli (Antonio se aantreklike broer wat in Italie in n Joodse kamp beland het in Pontenilo).  Lettie se vriendinne raak almal verlief op aantreklike mans en trou die een na die ander, maar niemand sien vir Lettie raak nie. Dit is toe dat sy besluit om al haar aandag en passie aan haar werk te gee en sodoende die beste dokter te word wat die bosveld nog gehad het.

In 1947 neem sy haar pa se praktyk in die bosveld oor. Nadat hy die konsentrasiekamp oorleef het, is Marco n baie siek, verswakte man wat teen die einde van 1945 na sy ouerhuis in Noord-Italie terugkeer. Sy broer, Antonio, wat met Klara getrou het en nou in die bosveld woon, oorreed hom egter om na Suid-Afrika se warm, droe bosveld te verhuis. So beland Marco in 1948 op dieselfde bosvelddorpie as Lettie, wat sy dokter word.

Die liefde blom tussen hulle, maar dan breek die polio-epidemie, of  kinderverlamming  soos Irma se, van die jare vyftig uit met uiters tragiese gevolge. Dit is n puik boek en n uitstekende manier om die trilogie mee af te sluit.
Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Nkutha and Kalmer on top

VANDERBIJLPARK.

The ArcelorMittal Athletics Club in partnership with BASF hosted the BASF 90.6 Road Races on Saturday, October 15 at the Riverside Boulevard shopping centre.  The distances varied from a 5 km development run, 10 km and 32 km race. To add some extra flair to the races the well-known SA athlete Rene Kalmer took part in the 32 km event. Not only did she win it, she completed it seven minutes min behind the first male athlete in an astonishing time of 1:56:00.

 Over 500 athletes took part in the various races. Bidvests Vanderbijlpark branch took the honours as the best water point on the day. Results: 10 km: Men: 1. Deon Botha (Nedbank) 37:20; 2. Roy Kanye (Lekoa) 38:52; 3. Max Mthimkulu (Temp) 38:58. Women: 1. Christine Kalmer (Nedbank) 37:37; 2. Tersia Swanepoel (Temp) 49:39; 3. Phina Tsepetsi (Anglo) 50:43. 21 km: Men: Open: 1. Manny Mohale (Toyota) 83:05; 2. Phelhello Tsotetsi (Post Office) 83:06; 3. Moeketsi Maome (Troi Sport) 83:47. Veterans: Phelhello Tsotetsi (Post Office) 83:06. Masters: John Woodnutt (Morningside) 96:17.Grandmasters: David Jordaan (Arcelor Mittal) 1:45:22.Women: Open: 1. Jean-Marie Cooper (Nedbank) 90:01; 2. Marie Bruwer (Arcelor Mittal) 92:45; 3. Kashmira Parbhoo (Lenasia) 95:05.Veterans: Marie Bruwer (Arcelor Mittal) 92:45. Masters: Marietjie Olen (Sasol) 1:48:23. Grandmasters: Joey Louwrens (Boksburg) 2:29:14. Juniors: Jean-Marie Cooper (Nedbank) 90:01.32 km: Men: Open: 1. Vusi Nkutha (Nedbank) 1:48:56; 2. Jacob Mazibuko (Bidvest) 1:50:19; 3. Peter Muthubi (Nedbank) 1:53:39. Veterans: Jacob Mazibuko (Bidvest) 1:50:19. Masters: Daniel Molefe (Emfuleni) 2:28:14. Grandmasters: Frikkie van Eeden (GRRR) 2:53:57. Women: Open: 1. Rene Kalmer (Nedbank) 1:56:42; 2. Julanie Basson (Toyota) 2:14:38; 3.Vanessa Bowman (Kempton) 2:26:58. Veterans: Vanessa Bowman (Kempton) 2:26:58. Masters: Connie Blom (PPMK) 2:56:27. Grandmasters: Maz Moore (Breakthru Midrand) 3:34:42.
Source: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Plaaslike atleet verwerf Protea-kleure in hamergooi

 
 
 
SASOLBURG.

Nanette Stapelberg (21) is n hamergooier van formaat en dit is beaam toe sy deur Atletiek Suid-Afrika in n span ingesluit is wat onlangs in Nice, Frankryk aan die DecaNation-byeenkoms deelgeneem het.  Agt lande, waaronder Suid-Afrika,VSA, Rusland, Sjina, Frankryk, Engeland, Spanje en Duitsland tel, het teen mekaar meegeding. Elke land kon slegs 10 mans en 10 vroue inskryf.

Nanette het n sewende plek in haar item behaal en het onder meer meegeding teen die huidige wereldkampioen, Tatyana Lysenko (28) van Rusland.  Suid-Afrika het algeheel sewende geindig, slegs n halwe punt agter Spanje (sesde) en slegs twee punte agter Sjina (vyfde). In ag genome dat die jong Suid-Afrikaners slegs n week voor hulle vertrek oor hulle deelname ingelig is en dat die meeste van hulle toe reeds n geruime tyd met n winter-program besig was, het hulle baie goed gevaar.

Nanette is nou die Vaaldriehoek se tweede Protea-hamergooi-atleet naas Chris Harmse. Sy word deur Basie Koen afgerig. Nanette het al aan verskeie Geelbladsy-byeenkomste deelgeneem. Sy het in Maart by die Geelbladsy-byeenkoms in Bellville op uitnodiging van Atletiek Suid-Afrika n prag-seisoen met n persoonlike beste afstand van 53,49 m afgeskop.  Sy het ook n bronsmedalje verower by die SA Senior kampioenskappe en sy is 2011 se SA Studente Kampioen.

Nanette is n baie besonderse sportvrou en is ryklik geseen met talent, want sy het bo en behalwe haar atletiek-prestasies, in 2007 en 2008 na Australie en Nieu-Seeland getoer as onder-kaptein van n hokkie-ontwikkelingspan.  Vanwee haar atletiek-verpligtinge, kan sy nie meer mede-dingend hokkie speel nie. Sy studeer tans aan die Noordwes-Universiteit.
Bron: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Listen to your body

Whether its dull and achy or sharp and stabbing, back pain can make it hard to concentrate on your job. Unfortunately, many occupations  such as nursing, construction and factory work  can place significant demands on your back. Even routine office work can cause or worsen back pain. A number of factors can contribute to back pain at work:
- Force. Exerting too much force on your back  such as by lifting or moving heavy objects – can cause injury.
- Repetition. Repeating certain movements can lead to muscle fatigue or injury, particularly if you are stretching to the limit of your range of motion or using awkward body positioning.
- Posture.  Slouching exaggerates your backs natural curves, which can lead to muscle fatigue and injury.
- Stress. Pressure at work can increase your stress level and lead to muscle tension and tightness, which can contribute to or worsen back pain. You can take steps to prevent back pain and injuries at work. For example:

- Include physical activity in your daily routine. Maintaining a healthy weight minimises stress on your back. Combine aerobic exercise such as swimming or walking with exercises that strengthens and stretches your back muscles and abdomen.
- Pay attention to posture. If you stand for long periods at work, occasionally rest one foot on a stool or small box. While you stand, hold reading material at eye level. To promote good posture when sitting, choose a chair that allows you to rest both feet flat on the floor while keeping your knees level with your hips. If the chair doesnt support your lower backs curve, place a rolled towel or small pillow behind your lower back. Remove your wallet or cell phone from your back pocket when sitting, to prevent putting pressure on your buttocks or lower back.
- Lift properly. When lifting and carrying a heavy object, lift with your knees and tighten your core muscles. Hold the object close to your body and lift it between your legs. Maintain the natural curve of your back.
- Modify repetitive tasks.  Think about how you can modify repetitive tasks at work to reduce physical demands on your body. If youre on the phone most of the day, try a headset. If you work at a computer, make sure that your monitor and chair are positioned properly. Avoid unnecessary bending, twisting and reaching. Limit the time you spend carrying heavy briefcases, purses and bags. Consider using a rolling suitcase.
- Listen to your body. If you must sit or stand for a prolonged period, change your position often. Try taking a 30-second break every 15 minutes to stretch, move or relax. Or, stand up, stretch and change positions each time you answer the phone, make a call or do another routine task.
- Address stress. Stress can make you tense and prone to injury. Use positive coping mechanisms  such as deep-breathing exercises, taking a walk around the block or talking about your frustrations with a trusted friend  to handle stress in a healthy way.
Source: vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Leisure properties : Property sales on the Vaal Dam brisk again

 
 
DENEYSVILLE.

With summer well on its way, Pam Golding Properties reports that leisure home buyers are re-emerging, with property sales on the Vaal Dam brisk over the past three months.  Phil Medlock, Pam Golding Properties (PGP) area principal, says astute investors are snapping up not only well priced waterfront homes but also those within walking distance of the dam, with the bulk of sales mainly in the price-range between R1.45-million and R3-million.

They have realised that the timing could not be better for acquiring a holiday home as in the current economic trading conditions they are able to purchase very appealing properties for around 20-percent below original list-price.  We saw a dramatic increase in purchases over the last year, with the majority comprising cash buyers, and the balance with sizeable deposits  to the extent that we have not had any rejections where mortgages were required. We are finding that our buyers know what they are looking for and exactly what they need to budget.

Convenience
Those seeking leisure properties are also tending to look closer to home for convenience  evidenced by the fact that all our recent buyers have been from the greater Gauteng area.  Medlock says while prices of waterfront properties generally start at around R2.3-million, PGP is currently marketing a seven-bedroom home with its own private waterfront and situated in the popular and well established Castle Marina Complex in Deneysville, at a reduced price of R1.95-million.

This is exceptional value-for-money as the property can easily accommodate two families. Essentially it comprises two full properties with two kitchens, four bedrooms downstairs and three bedrooms upstairs  with a separate entrance, as well as a huge garage.

Secure upmarket estate launched
Medlock says that, while the sale of vacant waterfront land remains slow, the October (2011) launch of the 300ha, secure Ambermere Estate on a prime location on the Vaal Dam will boost sales.  Each stand has a minimum of 100m of water frontage – overlooking the confluence of the Vaal and Wilge Rivers. This is one of the only portions of the dam which are not flat, thereby providing elevated views of rolling hills and indigenous grasslands over the huge expanse of deep water.

This is coupled with grassed embankments, sandy beaches, two marinas and numerous indigenous trees, making this a one-of-a-kind development with an array of water sports activities available.  All the stands will be at least two hectares in size, and with a total of only 62 stands there will be an abundance of open space for leisure activities such as walking, cycling or horseriding, while the estate is currently being stocked with small game. The launch price for stands in Phase One starts at
R750 000, with all costs included.
Source:vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Mothering Women for a change

 
It is that time of the year when the country comes to a standstill in admiration of all the women for their bravery and contribution to our society. Vaal Weekly joins the millions to pay homage to all those women who took initiative to say ΓÇ£Enough is EnoughΓÇ¥ when we were submitted to the cruel Pass Laws. If it were not for women ΓÇô this country would still be ruled by iron fists. Thanks to those brave women who took to the streets of Pretoria and marched to the Union Buildings to protest against the Pass Laws we are a liberated country today. For the whole month of August ΓÇô our attention will be focused on those extra- and ordinary women who made a difference in the lives of countless individuals. We need to celebrate women throughout the year and not only when it is August. We must continue to admire all the women for the key role they played in the enhancement of our country. We need to see more women taking front seats. Today we have slogans such as ΓÇ£WathintΓÇÖ Abafazi WathintΓÇÖ ImbokodoΓÇ¥, ΓÇ£Mme otshwara thipa ka bohalengΓÇ¥ and many other idioms that praise women. We refer to our planet and our natural surroundings as Mother Nature because it is indeed only the heart of a woman that understands creation, creativity and creating. That is why we were chosen by God to assist in the procreation and sustenance of mankind: Female ΓÇô a male (human) who can carry a fetus or a Woman ΓÇô a man with a womb! The fact of the matter is that, where there are no women, there is no progress. For example, when men get together they talk about cars, sports and they compare their riches, but when women get together, they listen before they speak, they lend a shoulder to cry on, they fix brokenness and best of all, they discuss how they can use the money they have to help others instead of trying add zeros to the amount. We cry when we are happy, we put up a smile when we are sad, we give when we have nothing, and our tenderness is our greatest power. It is our responsibility to join the millions in celebration, remembering and appreciating the sacrifices that were made by women through past generations.
Source:  vaalweekly.com

Posted in UncategorizedComments Off

God save us… and them!

 
  
 
BOPHELONG.ΓÇô The churches are praying against crime. The criminals or perpetrators of crime must take the call very seriously and repent before itΓÇÖs too late. The escalating rate of crime that has troubled the community day in and out has provoked the men and women of the cloth, South African Police Services (SAPS) and Community Police Forum (CPFΓÇÖs) to unite and fight against crime. The stakeholders responded positively on the call when they gathered at the Apostolic Faith Mission (AFM) South Africa in Extension 2 Bophelong, on Thursday. The Churches, Police and Communities prayed against the high levels of crime. Pastor Mohudi Ntsane of AFM SA says, ΓÇ£As the church leaders we cannot fold arms and let the police to do the work alone. The church and the community have a role to play. They have to be jealous of their environment.ΓÇ¥ Ntsane says that not all criminals enjoy troubling them. “Satan has taken criminals into bondage. Some of them are seeking the face of God. Others are thirsty, but because of the walls they built between the community and themselves, they find it difficult to make a breakthrough. We can combat crime through prayer,ΓÇ¥ he says. The criminals want to come out of their cocoons, but they doubt whether the community will welcome them with open arms. The CPF advises families not to drop charges after they opened the case with the police. The CPF also says that parents should stop paying and consulting sangomas when their children have committed crime. ΓÇ£The Magistrate is not controlled by muthi,ΓÇ¥ says CPF. To show their honest concerns, the churches, police and CPF took a special moment to pray for the transformation of criminals, healing of victims, correction of criminals, and crime prevention in schools.
Source: vaalweekly.com

Posted in UncategorizedComments Off

Mittal atlete tem Rhodes wedloop

 
  
 
VANDERBIJLPARK. – Vier  lede van die ArcelorMittal Atletiekklub het onlangs aan die uitdagende Rhodes Trail Run oor 52 km deelgeneem.
  Bossie Boshof (ArcelorMittal Atletiekklub Saldanha), Dirk Taljaart, Sibylle Engelbrecht en Malie van der Walt (ArcelorMittal Atletiekklub Vanderdbijlpark) het die koue en sneeu trotseer en die wedloop in die toegelate tyd van nege ure voltooi.
Die kwik het tot minus 10 grade Celsius gedaal en dit was bitter koud. Vanweë al die sneeu het die bergstrome redelik sterk gevloei en die atlete moes gedwonge ‘n paar keer deur die Bellrivier gehardloop het. “Naderhand voel jy nie meer die koue nie, want jou voete gaan dood,” vertel Van der Walt. 
Die roete gaan deur onherbergsame dele van die Drakensberge en langs die Lesotho grensdraad op tot by Mavisbank. Volgens Van der Walt was groot dele van die roete toe onder sneeu en plek-plek was die roete glad en gevaarlik. Selfs van die waterstrome was gevries en moelik om oor te gaan.   
“Daar was vyf inloerpunte op die roete om seker te maak die 300 atlete verdwaal nie op die roete nie. Dit was ook slegs by dié punte waar daar drink- en eetgoed beskikbaar was, omdat voertuie nie oral op die roete kon uitkom om die waterpunte te beman nie. Elkeen moes dus sy eie kos saamdra.
ΓÇ£Elke atleet het ook ΓÇÿn ΓÇ£spaceblanketΓÇ¥ en fluitjie gekry, wat verpligtend was om met jou saam te neem.ΓÇ¥
Atlete ontvang slegs op uitnodiging ‘n nommer om aan die wedloop deel te neem. Die  waglys vir nommers is sewe jaar om in aanmerking te kom om aan die gesogte maar uitdagende wedloop deel te neem.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Silver vir Ruan by Statebond

 
   
 
VANDERBIJLPARK. – Die Isle of Man, geleë in die Ierse see, is ‘n gunsteling bestemming vir die alombe-kende Jeremy Clarkson en die Top Gear-produksiespan. Die eenvoudige aantrekkingskrag is nie net die estetiese waarde van die eiland nie, maar ook die eiland se buigbare spoedbeperkings.
Vroeër vandeesmaand het die toerisme-bedryf op die eiland ‘n welkome inspuiting gekry maar oor ‘n heeltemal ander rede.
Die junior Statebondspele  het van 7 tot 13 Augustus op die eiland plaasgevind. Benewens Suid-Afrika se welslae by die spele het die Vaaldriehoek se afvaardi-ging van drie atlete uitstekend gevaar.
Hoewel Izelle Neuhoff se voorbereiding weens siekte in die aanloop tot die spele nie ideaal was nie het sy ΓÇÿn vierde plek in ΓÇÿn tyd van 63.80 losgehardloop.
Die wedloop is deur die Aussie Ta-tum Shaw in ‘n tyd van 60.49 gewen.  
Die Langasem Katleho Dyoyi (5:56:91) van die HTS Carel de Wet┬á het ΓÇÿn bronsmedalje in die 2┬á000 m-hindernisse vir seuns verower, maar die man van die oomblik was ongetwyfeld die Ho├½rskool Vereeniging se atletiek-w├╝nderkind, Ruan Combrinck, wat met ΓÇÿn afstand van 18.57m ‘n silwermedalje verdien het
Hy is net-net deur Navjetdeep Singh van Indië uitgestof wat goud met ‘n poging van 18.81 m gewen het. Dié afstand is wel binne Combrinck se bereik.
Dit dit is bloot net ‘n kwessie van tyd wanneer die fris blondekop op die internasionale verhoog sy belofte gestand doen.  
Tydens die wêreld jeugspele vroeër vanjaar in Frankryk was hy ongelukkig dat sy beste stote nie getel het nie, maar sy vermoë  om sulke teleurstellings te verwerk en terug te veg is die teken van ‘n ware kampioen.
Die driemanskap keer eersdaags terug. Hou Vaalweekblad dop vir ΓÇÿn opvolgberig.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Aanhouer wen by Lite2Nite

 
   
 
VANDERBIJLPARK. ΓÇô Die ArcelorMittal en Nedbank Atletiek ΓÇôklub het Saterdag by die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark die tweede jaarlikse Lite2Nite 12 uur baanwedloop met onderskeiding aangebied. Die atlete kon individueel of in spanverband (twee atlete per span) deelneem.
Die span of atleet wat die meeste kilometers in die toegelate 12 ure aflê, wen dus die wedloop. Die wedloop wat vroegoggend om 06:00 afgeskop het, se afsnypunt was 18:00 en deelnemers moes minstens 80 km voltooi om vir ‘n medalje in aanmerking te kom.
Die uitslae vir die baanbyeenkoms is:  Mans-wenner: Eric Mokoena  (ArcelorMittal AK, 99 km).Vroue-wenner: Martie Brits (Nedbank CGA, 84 km). Algehele span-wenners:   Jappie Kgotle en George Nmku  (ArcelorMittal AK, 148 km), Corrie Botha en Malie van der Walt (ArcelorMittal AK, 138 km) en Ivan Schweers en Morné du Toit (ArcelorMittal AK, 132 km).
Mans-span wenners:   Jappie Kgotle en George Mnku (ArcelorMittal AK, 148 km), Ivan Schweers en Morne du Toit (ArcelorMittal AK , 132 km) en Betheul Nquati en Sereke Mofokeng   (ArcelorMittal AK, 120 km).
Vroue-span wenners: Mari Bruwer en Paula Louw (ArcelorMittal AK, 119 km), Elize Hartley en Zanandi Venter  (High Performance Midas, 100 km) en Urna Prinsloo en Retha Theunissen (Fit 2000, 84 km).
Gemengde spanne: Corrie Botha en Malie van der Walt, ArcelorMittal AK, 138 km), Renier en Valerie Nel (Sasol AK,  118 km) en Willem Brits en Salome Coetzer  (ArcelorMittal AK, 113 km)
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Art and Dance Galore word 8

 
   
 
SASOLBURG. ΓÇô ΓÇ£Full houseΓÇ¥ en ΓÇ£fantastiesΓÇ¥ is twee terme wat 2011 se Art and Dance Galore, wat onlangs by Vaalpark Articon gehou is, beskryf.
Die geleentheid, wat hierdie jaar sy agste verjaardag gevier het, fokus daarop om jongmense bloot te stel aan die wêreld van die kunste.
Van Suid-Afrika se top dans-, drama- en kunsafrigters het bymekaargekom om by sowat 130 gewillige protégés ’n ding of twee van die kunste te leer.
Elrine Kotzé, hoof van die Art and Dance Galore, is vol lof.
“Ons het plaaslike deelnemers, asook ’n vlaag inskrywings van so ver as Witbank, Bethlehem en Potchefstroom ontvang. Die klasse was stampvol!” sê ‘n geesdriftige Kotzé.
Deelnemers het blootstelling ontvang in verskeie dans- en dramastyle, asook ΓÇÖn geleentheid om verhoogrekwisiete te ontwerp.
Die Galore-werkwinkel het ook ingeskakel by Vaalpark Articon se opwindende nuwe projek, ΓÇÖn
skoolfilm, waar sommige van die bevoorregte leerlinge ΓÇÖn blik op die rolprentbedryf, asook deelname in die Articon-film, gebied is.
Hierdie is ΓÇÖn teken dat groot dinge aan die gebeur is en dat die Vaaldriehoek sy kunstevlag stewig in die fondasie van Suid-Afrika se kunstebedryf vestig.
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Erfenisfees hope pret vir almal!

 
 
 
VEREENIGING. – Erfenisdag laat dink jou dalk aan ΓÇÿn vervelige klomp geskiedenis maar moenie glo nie! Die Erfenisdagfees wat Saterdag 24 September by die Dick Fourie-stadion in Vereeniging aangebied word, gaan hope skop vir jonk en oud h├¬!
Die program is behoorlik gelaai met musiekkunstenaars en ander interessante items wat almal se smaak sal pas – van kleuters en tieners tot by ouma en oupa!
Bring net jul eie opvoustoele saam as julle lekker wil sit. En moenie jul geld vergeet nie. Die tafels gaan kreun onder die kos en drank en boonop is daar baie stalletjies met unieke handgemaakte produkte te koop.
En as jy moeg word, kan jy lekker kom uitspan in die biertent om rugby op groot­skerm te kyk. Dan is daar ook verskeie trekkings met groot pryse wat jy kan wen! Daar gaan ook heeldag en -aand wyn geproe word in die krieket-klubhuis.
Jy sal ook nie die pragtige veteraanmotors kan miskyk wat spesiaal vir die uitstalling blinkgepoets word nie! Die Centurion-motorfietsklub kom ook ΓÇ£afshowΓÇ¥ met hul spoggerige ysterperde. Hekke open 10:00 vir die Erfenisdagfees en toegang kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders van 12 tot 18 jaar. Kinders onder 12 kom gratis.
Die Erfenisdagfees word deur Sacso in samewerking met 90.6 FM Stereo, Ster en Vaalweekblad as media­borge aangebied en is ten bate van bejaardes en minderbevoorregte kinders.

Program in MattΓÇÖs Foundation se markiestent:
10:00 Lara Jooste (Country-sanger)
10:20 Chané van Rensburg (sanger)
10:40 Marcato (sang-duo)
11:10 Christi (sanger)
11:30 André & Herbie (sanggroep)
12:30 Therisa Wadkins (Gospel)
12:30 Big & Tall (sang-duo)
13:00 Carlo Leone (Afrikaanse Country & Rock)
14:00 Ben Visser (instrumental)
14:30 Blue Metal (mixed band)
15:00 Cairo Moon (belly dancers)
15:30 Blue Metal
16:00 Models Unlimited (Edgars River Square-modevertoning)
16:30 Blue Metal
17:00 Kompetisie-trekkings

Veldprogram by VCR90.6fm Stereo se buite-uitsaai-eenheid:
10:30 Eligwa-trompoppies
11:00 Skotse danse
11:30 SAPD-hondevertoning
12:00 tot 14:00 – Party on Wheels gee partytjie vir kinders.
14:00 Tjokkerland Can-can, pom-pom & trompoppies
14:30 Boots & Hats Linedancers
15:00 Skotse dansers
15:30 Sansei Guju-Ryu Martial Academy – gevegkuns

Program in Ingwe se biertent:
10:00 W├¬reldbekerrugby – Nieu-Seeland teen Frankryk
12:00 Loslopers Boereorkes
15:00 Absa Currie-beker (Lions teen Blou Bulle en WP teen Vrystaat)
21:30 Toemaaktyd
Bron:  vaalweekblad.com

Posted in UncategorizedComments Off

Page 10 of 29« First...8910111220...Last »
Click to get listed

Follow us…

Vanderbijlpark Weather

Clear 14°C Clear
Sun Clear
18/2
Mon Clear
17/3
Tue Clear
17/3

Read more…