BRONS VIR BRUWER BY SA'S

VANDERBIJLPARK. – Drie van die Vaaldriehoek se voorste langasems, Fusi Nkutha, Fusi Nthlapo, ‘n voormalige Comrades-wenner en Mari Bruwer, die provinsie se top dames-atleet, het onlangs hulle staal tydens die Suid-Afrikaanse Marathon Kampioenskap in George gewys.

Bruwer het die provinsie se naam hoog gehou deur ’n bronsmedalje in ’n tyd van 3:13:00 in haar ouderdomsgroep los te hardloop.

Nkutha het die marathon in 2:31:00 met Nthlapo 2:32:00 kort op sy hakke. Laasgenoemde het ’n sewende plek in sy ouderdomsgroep losgedraf.

Die algehele manswenner was Coolboy Ngamane in ’n tyd van 2:13:18 en Charne Bosman het die dames-wedloop in ’n spogtyd van 2:41:60 gewen.
Bron: vaalweekblad.com